| breingewas [boodskap #146505] |
Sa., 21 September 2024 17:17 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24202 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
breingewas
Afbreking: brein•ge•was
Samestelling: brein + gewas
Selfstandige naamwoord: breingewas
Meervoud: breingewasse
Verkleinwoord: breingewassie
Meervoud van verkleining: breingewassies
Betekenis:
• 'n Abnormale gewas in die skedel, wat goed- of kwaadaardig (kankeragtig) kan wees.
Gebruik:
• Die simptome van 'n breingewas varieer volgens die deel van die brein wat dit aantas en kan hoofpyn, beroerte, sigprobleme, naarheid en kognitiewe veranderinge insluit.
Sinoniem:
• breintumor
Vertaling:
Engels: brain tumor
Nederlands: hersentumor
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|