| plantluis [boodskap #146440] |
Do., 12 September 2024 15:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Verskeie soorte plantluise.
plantluis
Afbreking: plant•luis
Samestelling: plant + luis
Selfstandige naamwoord: plantluis
Meervoud: plantluise
Verkleinwoord: plantluisie
Meervoud van verkleining: plantluisies
Betekenis:
• 'n Insek wat die sap van plante drink, familie Aphididae.
Gebruik:
• Plantluise kan groot skade aan plante aanrig.
Hiperoniem:
• sapsuier
Vertaling:
Engels: aphid
Nederlands: bladluis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|