| kwoteer [boodskap #146424] |
Wo., 11 September 2024 06:07 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kwoteer
Afbreking: kwo•teer
Werkwoord: kwoteer
Verlede tyd: het gekwoteer
Betekenis:
• Om 'n kwotasie te gee; die prys vir 'n produk of diens te verskaf.
• Om van 'n bestaande teks af aan te haal.
Gebruik:
• Hoeveel sal u my vir die werk kwoteer?
• Gebruik jou eie woorde en moenie woordeliks uit die leesstuk kwoteer nie.
Sinoniem:
• prys
• aanhaal
• siteer
Afgelei:
• kwotasie
• kwotering
Vertaling:
Engels: to quote
Nederlands: quoteren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|