Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Madelein v Biljon
Madelein v Biljon [boodskap #14639] Wo, 13 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Nou wat doen die ou klomp snob ATKV tannies nou al weer?!? Moet ons
dan nou maar eerder praat van die Christelike ATKV (CATKV)?

Dis darem jammer dat dit Afrikaners is wat die saak van Afrikaans
soveel skade aandoen - sonder om te dink.

Ek dink een van julle moet vir ons hier 'n gediggie van "lament"
skryf.....

Is daar dan glad nie goeie nuus wat die media vir ons uit SA kan bring
nie? Miskien moet julle joernaliste bietjie by die Amerikaners kom
kersopsteek oor die insluiting van goeie nuus op televisie en in die
koerante. Hier is ook negatiewe nuus, maar baie min Daar is 'n baie
groter klem op die verspreiding van kennis en suiwer nuus.

Is nie meer so lekker om 'n papier koerant uit SA te sien nie....
Re: Madelein v Biljon [boodskap #14640 is 'n antwoord op boodskap #14639] Wo, 13 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
 Cicero[2]  is tans af-lyn  Cicero[2]
Boodskappe: 3
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hoor Hoor Johan! Skaam julle ATKV-anties!

On Wed, 13 May 1998 12:33:47 GMT, jnpj...@bigfoot.com (Johan N
Potgieter) wrote:

> Nou wat doen die ou klomp snob ATKV tannies nou al weer?!? Moet ons
> dan nou maar eerder praat van die Christelike ATKV (CATKV)?
>
> Dis darem jammer dat dit Afrikaners is wat die saak van Afrikaans
> soveel skade aandoen - sonder om te dink.
>
> Ek dink een van julle moet vir ons hier 'n gediggie van "lament"
> skryf.....
>
> Is daar dan glad nie goeie nuus wat die media vir ons uit SA kan bring
> nie? Miskien moet julle joernaliste bietjie by die Amerikaners kom
> kersopsteek oor die insluiting van goeie nuus op televisie en in die
> koerante. Hier is ook negatiewe nuus, maar baie min Daar is 'n baie
> groter klem op die verspreiding van kennis en suiwer nuus.
>
> Is nie meer so lekker om 'n papier koerant uit SA te sien nie....
Re: Madelein v Biljon [boodskap #14686 is 'n antwoord op boodskap #14639] Do, 14 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan N Potgieter wrote in message ...
> Nou wat doen die ou klomp snob ATKV tannies nou al weer?!? Moet ons
> dan nou maar eerder praat van die Christelike ATKV (CATKV)?
>
> Dis darem jammer dat dit Afrikaners is wat die saak van Afrikaans
> soveel skade aandoen - sonder om te dink.

Wat jy klaarblyklik nie in jou koerante gesien het nie, is dat die ATKV sy
vrouetak gerepudieer het, en Me van Biljon om verskoning gevra het.

Die hele ding was natuurlik onnodig. As die dames so gestel was daarop om
hul toekenning slegs tot belydende Christinne te beperk, moes hulle die
kandidate vooraf 'n geloofsbelydenis laat teken het. Dis die soort ding wat
die religious right in jou nuwe vaderland doen.

Groete, Leendert
Re: Madelein v Biljon [boodskap #14741 is 'n antwoord op boodskap #14639] Vr, 15 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
jnpj...@bigfoot.com wrote:
>
> Nou wat doen die ou klomp snob ATKV tannies nou al weer?!? Moet ons
> dan nou maar eerder praat van die Christelike ATKV (CATKV)?
>
Ek vind dit nogal ironies. Met verlede jaar se Crescendo kompetisie was daar
glo van die mense wat geestelike liedjies ingeskryf het. Daar is blykbaar
duidelik aan hulle gestel dat dit nie sal kwalifiseer om deur te gaan na die
volgende rondte nie.

Genoeg om mens te laat drink nê?

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Vorige onderwerp: Re: A warning for homosexuals
Volgende onderwerp: Re: Kan iemand my help? Ja
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 17:47:56 MGT 2024