| dwarsskip [boodskap #146243] |
Vr., 23 Augustus 2024 06:58 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die dwarsskip van 'n kerk word aangedui.
dwarsskip
Afbreking: dwars•skip
Samestelling: dwars + skip
Selfstandige naamwoord: dwarsskip
Meervoud: dwarsskepe
Betekenis:
• Die ruimte in 'n kruisvormige kerkgebou wat dwars oor die lengte strek.
Gebruik:
• Die dwarsskip van 'n kruiskerk loop van noord na suid, omdat die skip meestal oos gerig is (waar die son opkom).
Sinoniem:
• dwarsbeuk
• dwarssaal
• kruisbeuk
• transep
Vertaling:
Engels: transept
Nederlands: dwarsschip
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|