| smokkelaar [boodskap #146132] |
Di., 13 Augustus 2024 08:58 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24278 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
smokkelaar
Afbreking: smok•ke•laar
Samestelling: smokkel + -aar
Selfstandige naamwoord: smokkelaar
Meervoud: smokkelaars
Betekenis:
• Iemand wat met onwettige goedere smokkel.
Gebruik:
• Die polisie het twee ietermago's uit die hande van smokkelaars gered.
Sinoniem:
• sluikhandelaar
Hiponiem:
• daggasmokkelaar
• dranksmokkelaar
• wapensmokkelaar
Afgelei:
• smokkelaarsbende
Vertaling:
Engels: smuggler
Nederlands: smokkelaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|