| rewolwer [boodskap #146125] |
Ma., 12 Augustus 2024 12:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24158 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Rewolwer.
rewolwer
Afbreking: re•wol•wer
Selfstandige naamwoord: rewolwer
Meervoud: rewolwers
Verkleinwoord: rewolwertjie
Meervoud van verkleining: rewolwertjies
Betekenis:
• 'n Handvuurwapen met kort loop en 'n draaiende magasyn wat die koeëls hou.
Gebruik:
• 'n Rewolwer is na elke skoot onmiddellik gereed om weer te vuur, solank daar 'n patroon in die volgende kamer van die drom is.
Hiponiem:
• diensrewolwer
• mauserrewolwer
• seskamerrewolwer
• speelrewolwer
Afgelei:
• rewolwerdraaibank
• rewolwerhamer
• rewolwerkoeël
• rewolwerpatroon
• rewolwerskoot
Verwant:
• pistool
Vertaling:
Engels: revolver
Nederlands: revolver
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|