Tuis » Taal » Woordeboek » sakrament
sakrament [boodskap #146089] |
Fri, 09 August 2024 17:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21351 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sakrament
Afbreking: sa•kra•ment
Selfstandige naamwoord: sakrament
Meervoud: sakramente
Verkleinwoord: sakramentjie
Meervoud van verkleining: sakramentjies
Betekenis:
• 'n Gewyde kerklike gebeurtenis as teken en seël van God se beloftes en genade teenoor die mens.
Gebruik:
• Die doop is 'n sakrament, so ook is die nagmaal.
• Die Rooms-Katolieke kerk herken sewe sakramente
Afgelei:
• sakramentarisme
• sakramenteel
Hiponiem:
• doopbediening
• doopdiens
• doopformulier
• eucharistie
• handoplegging
• grootdoop
• huwelik
• huweliksformulier
• nagmaalsdiens
• nagmaalsformulier
• nagmaalsviering
Vertaling:
Engels: sacrament
Nederlands: sacrament
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Mar 12 22:37:45 UTC 2025
|