| kasregister [boodskap #145954] |
Sa., 27 Julie 2024 16:33 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Outydse kasregister.
kasregister
Afbreking: kas•re•gis•ter
Samestelling: kas + register
Selfstandige naamwoord: kasregister
Meervoud: kasregisters
Verkleinwoord: kasregistertjie
Meervoud van verkleining: kasregistertjies
Betekenis:
• Toestel by 'n betaalpunt waarmee transaksies verreken word en waarin geld gebêre word.
Gebruik:
• Die kontant is uit die kasregister gesteel.
Sinoniem:
• geldkas
• til
Vertaling:
Engels: cash register, till
Nederlands: kasregister
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|