Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » terugkyk
terugkyk [boodskap #145881] So, 21 Julie 2024 08:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20112
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terugkyk
Afbreking: te•rug•kyk
Samestelling: terug + kyk


Werkwoord: kyk terug, terugkyk
Verlede tyd: het teruggekyk

Betekenis:
• Om vir iemand te kyk wat vir jou kyk.
• Om agtertoe te kyk.
• (figuurlik) Om oor gebeure te reflekteer en te besin.

Gebruik:
• Sy kyk vir my en ek kyk terug.
• 'n Atleet verloor tyd as hy terugkyk om te sien waar die ander atlete is.
• Ek het teruggekyk na my lewe en besef dinge sal moet verander!

Sinoniem:
• omkyk
• agtertoekyk
• herinner
• herleef
• heroorweeg
• herroep
• hersien
• reflekteer
• terugblik
• terugdink
• terugflits

Vertaling:
Engels: to look back
Nederlands: terugkijken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opduik
Volgende onderwerp: opregtheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 06 08:56:06 MGT 2024