Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kom ons skryf haikus
Kom ons skryf haikus [boodskap #14588] |
Tue, 12 May 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Noudat die digters op die nuusgroep blykbaar
nie meer lus is vir daardie lang rymelarye nie,
wat van kort klein gediggies? Ek nooi die
Nederlanders, Vlaminge en alle mense wat
Afrikaans magtig is om haikus op die nuusgroep
te plaas.
Dit moet bestaan uit drie reëls. Die eerste
reël moet nie meer as vyf LETTERGREPE wees
nie. Die tweede reël moet nie meer as sewe letter-
grepe wees nie, en die derde reël weer nie meer as
vyf lettergrepe nie. (Dus 5-7-5 of minder.) Die
"kigo" (onderwerp) moet altyd iets konkreet wees
en die haiku moet verkieslik vir 'n mens iets nuuts
laat "sien." Moet byvoorbeeld nie die woord "liefde"
gebruik nie, maar probeer liewer die emosie met iets
konkreets oorbring.
Hier volg nog 'n paar lente-haikus vir Johan
wat verbaas staan oor die lente in Minnesota.
lente-maan
blink
treinspore
spring moon
shining
train tracks
vere opgepof -
pampoenvreter-kleintjie
in die lente-reën
fluffed out feathers -
young robin
in the spring rain
kort nag -
geurigheid
van blomme
short night -
fragrance
of flowers
oor en oor
van dieselfde plek af -
piet-my-vrou
over and over
from the same place -
whippoorwill
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Kom ons skryf haikus [boodskap #14785 is 'n antwoord op boodskap #14588] |
Sat, 16 May 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Gervaas Hellin" writes:
>
> Gloudina, hier is 'n kigo vir jou : "wyn",
> omdat ek mal is oor die lekker Kaapse wyntjies :-).
>
> Groete.
> Hilda.
in die buiteland
drink Afrikaners die wyn
van die moederland
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 18:23:51 UTC 2025
|