| gevangeskap [boodskap #145850] |
Wo., 17 Julie 2024 12:37 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gevangeskap
Afbreking: ge•van•ge•skap
Samestelling: gevange + -skap
Selfstandige naamwoord: gevangeskap
Meervoud: gevangeskappe
Betekenis:
• Toestand waar iemand ingehok en sy vryheid van hom ontneem is.
Gebruik:
• Die boosdoener is tot vyf jaar gevangeskap gevonnis.
Wisselvorm:
• gevangenskap
Sinoniem:
• detensie
• gevangehouding
• gevangenisstraf
• hegtenis
• onvryheid
• selstraf
• tronkstraf
Hiponiem:
• krygsgevangeskap
Vertaling:
Engels: captivity, imprisonment
Nederlands: gevangenschap
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|