| sokkertoernooi [boodskap #145746] |
So., 30 Junie 2024 17:30 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sokkertoernooi
Afbreking: sok•ker•toer•nooi
Samestelling: sokker + toernooi
Selfstandige naamwoord: sokkertoernooi
Meervoud: sokkertoernooie
Verkleinwoord: sokkertoernooitjie
Meervoud van verkleining: sokkertoernooitjies
Betekenis:
• Reeks sokkerwedstryde waarin sokkerspanne teen mekaar meeding om die beste span te bepaal.
Gebruik:
• Banyana-Banyana het vir die eerste keer in 2012 vir die Olimpiese sokkertoernooi gekwalifiseer.
Vertaling:
Engels: soccer tournament, football tournament
Nederlands: voetbaltoernooi
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|