Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gedienstig
- gedienstig [boodskap #145607] Tue, 18 June 2024 09:58 na volgende boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21400
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gedienstig
Afbreking: ge•diens•tig
Samestelling: ge- + dienstig


Byvoeglike naamwoord: gedienstig
Vergrotende trap: gedienstiger
Oortreffende trap: gedienstigste
Attributief: gedienstige

Betekenis:
• Wat gewillig en gretig is om te dien; graag diens doen.

Gebruik:
• Selfs 'n gedienstige werker kan maklik sy pos verloor.

Sinoniem:
• behulpsaam
• diensbaar
• diensvaardig
• dienswillig
• gedwee
• gehoorsaam
• gewillig
• hulpvaardig
• inskiklik
• kruiperig
• onderdanig
• onderworpe
• tegemoetkomend
• toeskietlik

Antoniem:
• ongedienstig

Hiponiem:
• oorgedienstig

Afgelei:
• gedienstigheid

Vertaling:
Engels: obliging, officious
Nederlands: gedienstig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Mon, 24 March 2025 15:41]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

- Re: gedienstig [boodskap #147697 is 'n antwoord op boodskap #145607] Mon, 24 March 2025 15:30 Na vorige boodskap
Wouter van Wyk  is tans af-lyn  Wouter van Wyk
Boodskappe: 2
Geregistreer: March 2025
Karma: 0
Junior Lid
Met watter werkwoord word die byvoeglike naamwoord "gedienstig" gekombineer?
* "Ons stel/maak iets gedienstig aan" ?
Vorige onderwerp: norring
Volgende onderwerp: wegsak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Mar 30 23:09:07 UTC 2025