Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » portier
portier [boodskap #145200] Do., 09 Mei 2024 14:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24235
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
portier
Afbreking: por•tier


Selfstandige naamwoord: portier
Meervoud: portiere, portiers
Verkleinwoord: portiertjie
Meervoud van verkleining: portiertjies

Betekenis:
• Iemand wat by die deur van 'n gebou wag hou en gaste help.
• (medies) Die pilorus, opening van die maag na die ingewande.

Gebruik:
• Die portier hou die hoteldeur vir die besoekers oop.
• Die portier is 'n kringspier wat verslap om die voegsel na die derm deur te laat.

Sinoniem:
• bagasiedraer
• deurwag
• deurwagter
• hekwag
• hotelbediende
• poortwagter
• maagslot
• maaguitgang

Hiponiem:
• hotelportier
• nagportier

Afgelei:
• portierklep
• portierklier

Vertaling:
Engels: porter, doorkeeper; pylorus
Nederlands: portier

Nota:
• Moenie portier met portuur (iemand van dieselfde grootte of ouderdom) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ongasvry
Volgende onderwerp: Meimaand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 28 22:11:05 UTC 2025