Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pitsweer
pitsweer [boodskap #145081] Vr., 19 April 2024 17:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26716
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
pitsweer
Afbreking: pit•sweer
Samestelling: pit + sweer


Selfstandige naamwoord: pitsweer
Meervoud: pitswere
Verkleinwoord: pitsweertjie
Meervoud van verkleining: pitsweertjies

Betekenis:
• Harde sweer waarvan die pit uitgedruk kan word as dit ryp is, dikwels die resultaat van 'n ontsteekte haarfolikel.

Gebruik:
• Jy kan die pitsweer liggies met 'n antiseptiese middel was, maar moenie daaraan druk nie.
• Pitswere ontstaan soms as gevolg van 'n tekort aan yster en dit kan help om rosyne te eet.

Sinoniem:
• bloedvint
• pitseer

Vertaling:
Engels: boil, furuncle
Nederlands: steenpuist, furunkel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koorsblaar
Volgende onderwerp: deurgrond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Okt. 03 09:10:46 UTC 2026