Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » genoegdoening
genoegdoening [boodskap #145060] Wo, 17 April 2024 13:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
genoegdoening
Afbreking: ge•noeg•doe•ning
Samestelling: genoeg + doen + -ing


Selfstandige naamwoord: genoegdoening
Meervoud: genoegdoeninge

Betekenis:
• Die tevredenheid of genoeë wat iets bring.
• Voldoening, vergoeding of skadeloosstelling.

Gebruik:
• Ek dink met genoegdoening en dankbaarheid terug aan al die ervaringe waarin ek kon deel.
• 'n Persoon wie se regte geskend is, kan genoegdoening van 'n ander party eis.

Sinoniem:
• bevrediging
• genoeë
• satisfaksie
• tevredenheid
• tevredestelling
• skadeloosstelling
• vergoeding
• voldoening

Vertaling:
Engels: satisfaction, gratification; reparation, indemnification
Nederlands: genoegdoening

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onstuimigheid
Volgende onderwerp: langbome
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:57:31 MGT 2024