| veluitslag [boodskap #144991] |
Di., 09 April 2024 19:22 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24240 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die veluitslag van 'n man wat waterpokkies het.
veluitslag
Afbreking: vel•uit•slag
Samestelling: vel + uitslag
Selfstandige naamwoord: veluitslag
Meervoud: veluitslae
Betekenis:
• Uitslag op die vel in die vorm van blasies, puisies, knoppies of geswollenheid wat dikwels jeuk of brand.
Gebruik:
• Die veluitslag is meestal die eerste aanduiding dat 'n kind Duitse masels het.
Sinoniem:
• huidontsteking
• huiduitslag
Vertaling:
Engels: skin rash, skin eruption
Nederlands: huiduitslag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|