Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Koebaai Privaatskole
Koebaai Privaatskole [boodskap #14499] |
Mon, 11 May 1998 00:00  |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
My weeklikse brokkie nuttelose inligting uit die pers:
Die volgende berig (vertaal) uit die Sunday Times van 10/5/1998, getiteld
"Provinces sign death warrant on private schools" (Cornia Pretorius".
Duisende leerlinge kan uit skole gedwing word vanweë 'n drastiese inkorting
van subsidies aan privaatskole deur die regering. Die 54 privaatskole in die
Oos-Kaap word die ergste geraak, aangesien die subsidies in totaliteit gesny
is.
Die meeste van die betrokke skole behoort aan die Katolieke Onderwys
Instituut, en na beraming sal sowat 800 skole landswyd geraak word.
In Uitenhage staar Suster Kathy Gaylor, hoof van Mary Mount Hoërskool,
tesame met haar 1018 hoofsaaklik swart leerlinge, 'n moontlike sluiting van
hul skool binne enkele weke in die gesig, aangesien die subsidie 90% van
hulle begroting beslaan. Verlede jaar het hulle 'n 100% slaagsyfer
gehad.(Einde.)
Wat sê 'n mens? Dis nou nie 'n geval dat die Michaelhouses of Hilton
Colleges ten gronde sal gaan nie, maar juis die wat onderwys gee aan die wat
dit die nodigste het. Dit verbaas my telkens dat ons opperheersers dit
goeddink om iets wat goed werk, ten gronde te laat gaan. Mbeki praat van 'n
visie van 'n 'African Renaissance', maar ek sou dink om daarby uit te kom
streef jy na uitnemendheid, en nie na middelmatigheid ('mediocrity') nie.
Om hierby aan te sluit, ek hoor al hoe meer praatjies van Afrikaanse
Privaatskole. In die lig van bg. wonder ek net hoeveel Afrikaanssprekendes
kan dit werklik bekostig?
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Koebaai Privaatskole [boodskap #14772 is 'n antwoord op boodskap #14499] |
Sat, 16 May 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Henri Burger wrote in message ...
> My weeklikse brokkie nuttelose inligting uit die pers:
>
> Die volgende berig (vertaal) uit die Sunday Times van 10/5/1998, getiteld
> "Provinces sign death warrant on private schools" (Cornia Pretorius".
>
> Duisende leerlinge kan uit skole gedwing word vanweë 'n drastiese inkorting
> van subsidies aan privaatskole deur die regering. Die 54 privaatskole in die
> Oos-Kaap word die ergste geraak, aangesien die subsidies in totaliteit gesny
> is.
>
> Die meeste van die betrokke skole behoort aan die Katolieke Onderwys
> Instituut, en na beraming sal sowat 800 skole landswyd geraak word.
Wat in werklikheid sal gebeur, is dat die skole staatskole sal word -
heelwat van die Katolieke skole het reeds in die afgelope jaar of wat
daardie pad gevolg (en die adjunk minister van onderwys is 'n Roomse
priester).
Een van die grootste beskuldigings wat teen "Bantu Education" ingebring word
is dat dit die sendingskole genasionaliseer het. Baie van daardie
sendingskole is vir tot 90% deur die staat gedra. Die argument was, dat as
die staat die geld gee, hy ook die beheer moet uitoefen. Daar word ook
beweer dat die gehalte van onderwys in die sendingskole veel beter was as
onder Bantu Education.
Ek het lank gelede al daarop gewys dat die nuwe regering nou presies
dieselfde beleid volg, en die identiese tegniek toepas.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Koebaai Privaatskole [boodskap #14773 is 'n antwoord op boodskap #14499] |
Sat, 16 May 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
lou wrote in message ...
>
>
> Vertel asseblief meer Leendert - gaan enige iemand nou die persone wat
> minder as R18 000 per jaar verdien die persone wat minder kry moet
> onderhou? Hoekom is ek nie verbaas nie?
Die voorgestelde beleid voorsien dat elke openbare skool sy eie skoolfonds
betaal, waaruit dinge soos handboeke en skryfbehoeftes aangekoop kan word,
en onderwysers en ander personeel betaal word.
Maar geen gesin mag per kind meer as een dertigste van sy jaarlikse inkomste
aan skoolgeld betaal nie.
Daar sal dus 'n glyskaal wees, en elke gesin sal skoolgeld betaal volgens sy
inkomste. Meer vermoënde gesinne sal dus ander gesinne subsidieer.
Daar is bepaalde probleme met hierdie beleid:
a) Dit stel vermoënde mense wat nie kinders van skoolgaande ouderdom het
nie, vry daarvan om die "las" van die onderwys van arm kinders te help
betaal.
b) Hierdie beleid is reeds in '95 deur die Hunterkommissie voorgestel.
Daarna het die regering 'n span kundiges in onderwysfinansiering uit
Engeland gekry om as konsultante op te tree. Die Engelse het hulle gewaarsku
teen hierdie beleid. Volgens ervaring in ander dele van die wêreld het dit
die effek dat die middelklas vlug uit die openbare skole, omdat privaatskole
vir hulle meer aantreklik word ( die verskil in koste is minder en dan kry
hulle beter waarde vir hul rand, selfs al is dit duurder). Die gevolg is dat
die openbare skole juis daardie ouerkorps verloor wat beskik oor die
bestuursvermoë en die vermoë om fondse te genereer en in te samel wat hulle
nodig het om die skool te verbeter. Die Engelse het beweer dat die beleid
oral gelei het tot 'n algehele verval in die openbare skoolstelsel.
Nou kom Bengu & Kie al weer met Hunter se ou voorstel.
Maar nou kan jy sien hoekom die subsidies in die privaatskole verminder moet
word (ook die privaatskole in plakkerskampe soos Orange Farm) ten spyte
daarvan dat die subsisdie aan 'n kind in 'n privaatskool die staat ongeveer
die helfte kos van wat 'n kind in 'n openbare skool kos. Die privaatskool
moet minder aantreklik gemaak word, om op te weeg teen die verminderde
aantreklikheid van die openbare skool.
En dis waar tuisonderwys 'n stewige vlieg in hulle salf is. Want
tuisonderwys kos veel minder as selfs 'n openbare skool, vir enigeen wat
iets verdien. Onder die nuwe beleid sal die gelykbreekpunt kom by 'n
gesinsinkomste van R18 000 per jaar. Slegs gesinne wat minder as dit verdien
sal nie hul kinders tuis kan onderrig teen 'n laer tarief as wat dit sal kos
om hulle skool toe te stuur nie.
In in land waar iets soos 50% van die moeders werkloos is en, volgens my
bronne, daar min armer gesinne is wat nie ten minste een geskoolde maar
werklose persoon huisves nie, kan dit die departement se planne ietwat in
die war stuur.
Groete, Leendert
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 18:19:49 UTC 2025
|