Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » snotneus
snotneus [boodskap #144897] Vr, 29 Maart 2024 20:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18888
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
snotneus
Afbreking: snot•neus
Samestelling: snot + neus


Selfstandige naamwoord: snotneus
Meervoud: snotneuse
Verkleinwoord: snotneusie
Meervoud van verkleining: snotneusies

Betekenis:
• 'n Lopende neus; neus waaruit snot drup.
• 'n Jong, onervare persoon.

Gebruik:
• Vee jou snotneus af.
• Ek sal my nie deur 'n snotneus laat voorsê nie.

Sinoniem:
• loopneus
• japsnoet
• snotkop
• suigeling
• snuiter
• tjokker
• wysneus

Afgelei:
• snotneuskind

Vertaling:
Engels: runny nose, snotty nose; immature and unexperienced youngster
Nederlands: snotneus

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gewapen
Volgende onderwerp: aerobies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 19:58:25 MGT 2024