Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opset
opset [boodskap #144776] Sa, 09 Maart 2024 07:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18904
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opset
Afbreking: op•set


Selfstandige naamwoord: opset
Meervoud: opsette

Betekenis:
• Die bedoeling om 'n bepaalde resultaat of reaksie te kry; aspris en met voorbedagte rade.
• Die manier waarop ding ontwerp, uitgelê of opgestel is.

Gebruik:
• Sy het hom nie per ongeluk geskiet nie, maat met opset.
• Dit is 'n eenvoudige opset, maar dit voldoen in al my behoeftes.

Sinoniem:
• bedoeling
• intensie
• oogmerk
• voorneme
• ontwerp
• plan
• samestelling
• struktuur

Hiponiem:
• kliniekopset
• leeropset
• navorsingsopset
• samelewingsopset
• verhoogopset

Afgelei:
• opsetlik
• opsetting

Vertaling:
Engels: setup, design, framework; intention, purpose
Nederlands: opzet; installatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: swang
Volgende onderwerp: denkwyse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 20:20:59 MGT 2024