| regbank [boodskap #144766] |
Do., 07 Maart 2024 15:56 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24254 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
regbank
Afbreking: reg•bank
Samestelling: reg + bank
Selfstandige naamwoord: regbank
Meervoud: regbanke
Betekenis:
• Instelling waar regters sake aanhoor en strawwe aan die skuldiges uitdeel.
Gebruik:
• Die onafhanklikheid van die regbank word in die grondwet verskans.
Sinoniem:
• balie
• gereg
• regstoel
• tribunaal
Hiponiem:
• arbeidsregbank
• handelsregbank
• kinderregbank
Vertaling:
Engels: court of justice, judiciary
Nederlands: rechtbank
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|