Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deursnit
deursnit [boodskap #144710] So, 25 Februarie 2024 18:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deursnit
Afbreking: deur•snit
Samestelling: deur + snit


Selfstandige naamwoord: deursnit
Meervoud: deursnitte

Betekenis:
• Die lengte of profiel van iets wat van die een na die ander kant deurgesny is.

Gebruik:
• Die maan se deursnit is gelyk aan ongeveer 'n kwart van dié van die aarde.

Sinoniem:
• deursnee
• dwarssnit
• dwarsprofiel
• diameter
• kaliber
• lengtesnit
• snyding
• snylyn

Vertaling:
Engels: cross section; diameter
Nederlands: doorsnede


Byvoeglike naamwoord: deursnit
Attributief: deursnit

Betekenis:
• Die gemiddelde van iets.

Gebruik:
• Sou die redelike man of die deursnit burger dieselfde in die omstandighede doen?

Vertaling:
Engels: average
Nederlands: gemiddelde

Nota:
• Volgens die WAT is "deursnit" 'n Germanisme vir "deursnee".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mededingend
Volgende onderwerp: bestuurshoof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 08:58:54 MGT 2024