Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » variëteit
variëteit [boodskap #144698] Sa, 24 Februarie 2024 08:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
variëteit
Afbreking: va•ri•ë•teit


Selfstandige naamwoord: variëteit
Meervoud: variëteite

Betekenis:
• 'n Ander vorm van dieselfde ding.
• (biologie) 'n Afwykende vorm van 'n spesie wat oorerflik is (vir plante, sien kultivar).

Gebruik:
• Naas die standaardvorm beskik Afrikaans oor talle variëteite.
• Spanspek is 'n variëteit van Cucumis melo.

Sinoniem:
• afwisseling
• variasie
• veelsoortigheid
• veelsydigheid
• verandering
• verskeidenheid
• verwisseling
• vormafwyking

Hiponiem:
• kleurvariëteit
• kweekvariëteit
• taalvariëteit

Afkorting:
• var.

Vertaling:
Engels: variety
Nederlands: variëteit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beskikking
Volgende onderwerp: kultivar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 05:03:33 MGT 2024