Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die moddergooiwedstryd
Die moddergooiwedstryd [boodskap #14454] Sa, 09 Mei 1998 00:00
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
>>> Lou,
>>> My ou,
>>> Sê my gou,
>>> Wat doen jy nou ?
>>> Jy kan my mos vertrou,
>>> Ek sê nie julle het verbrou,
>>> Ook nie dat die nuusgroep gaan vou,
>>> Van verdere vra sal ek my egter onthou,
>>> Soos 'n boerboel se byt bly jy net klou,
>>> En al wat ek kry is mense wat my uitjou,
>>> Al wat ek vra is lekker kossies om aan te kou,
>>> Lou sê gou, anders kom bliksem ek jou : pimpel, pers asook blou.

>>> ten minste ruil mense gedagtes uit.

>> Baie goed ou Koos
>> Wat natuurlik ook rym met doos
>> Wat soos die Afrikaanse woord koos
>> Dubbel menings vorm al word mense ook nou hoe boos
>> Kan nie een van bogenoemde vergelyk met die reuk van 'n roos
>> Maar die rymelary van my lyk maar ietwat voos
>> So ek wend wend my blik maar eerder oos

> Koos
> Jou doos
> So sê Lou
> Maar ook 'n koos
> Net om sowat te troos
> 'n Drama kan straks so ontvou
> Wat maak jou sorge tog so grou ?
> Om sulke dinge toe te snou
> En boks is ook doos
> Dit sal ietwat troos
> Lou dis vlou
> Jou roos
> Koos

Koos
Vir my is jy nie 'n roos
Maar voor die dames dalk bloos
Verander ek die term
Waarvoor die rymelary skerm
Want kyk hoe trek die skrywers van 'regte' gedigte
Vreeslik lelike gesigte

So ons beter maar stop
Die net polisie hou ons dop
En dalk begin hul weer met die die gekerm
Soos 'n kat oor 'n derm
Oor Leendert en Gloudinatjie
Se menings verskilletjie

Lou, jy het jou roeping gemis.
Die hele tyd het ek gedink jy kan net kerm.
En mense herm.
Nou vind ek egter,
jy is ook 'n digter.
Gloudina

Lou,
julle wat so in die modder grou
raak nou flou.
Julle rympies gee my pyntjies
en laat my koud
hier naby my binnebout.
Billy.

Aag nee wat ou Billy Goat
Jy's nou astrant of sommer net stout
Ek meen vat nou maar vir Glodina Bouwer
Soos jy weet is sy ons inwonende uitkouer
Maar selfs sy het net pluimpies
Vir Lou se fraaie mooi rympies
Sy sê hy is eintlik 'n dêm goeie digter
Lyk my hy is tog wel soms helder en nugter

Vertel ons liewer wat dink jy van Louis Luyt
Ek dink die ou is definitief sy sitplek kwyt
Die Muleki-manne het mos lankal besluit
Hulle gooi hom nog eendag by die soustrein uit
'n Swartspan met Francois Pienaar as kaptein
Gaan sorg dat rugby van die toneel af verdwyn
En met die volgende rondte in Wallis
Gaan ons nie eers weet waar die bal is.
Dis die bom wat val
Dis al.
Vorige onderwerp: Die moddergooiwedstryd
Volgende onderwerp: Die moddergooiwedstryd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 04:15:52 MGT 2024