| geesdodend [boodskap #144484] |
Do., 25 Januarie 2024 16:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24217 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geesdodend
Afbreking: gees•do•dend
Samestelling: gees + dood + -end
Byvoeglike naamwoord: geesdodend
Attributief: geesdodende
Betekenis:
• Wat die geesdrif demp. Saai en sonder afwisseling.
Gebruik:
• Die meneer se klasse is geesdodend.
Sinoniem:
• afstompend
• eentonig
• geesverstompend
• monotoon
• oninteressant
• saai
• sieldodend
• vervelend
Antoniem:
• afwisselend
• interessant
• opwekkend
Afgelei:
• geesdodendheid
Vertaling:
Engels: soul-deadening, monotonous
Nederlands: geestdodend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|