Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Vriende Oorsee?!
Re: Vriende Oorsee?! [boodskap #14447] Sa, 09 Mei 1998 00:00
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 9 May 1998 11:04:14 GMT, "Hein van Wyk" wrote:

> Ek is eintlik op soek na Afrikaans sprekende vriende oorsee. Miskien het jy
> onlangs of lankal terug geemigreer; vertel my tog meer van die lewe oorsee?
>
Hein, hier is 'n hele paar van ons wat hier rondhang. Jy moet maar
uitkyk vir ons plasings. Miskien kan ons almal op die NG vra om net
'n vinnige antwoord hierop te gee en te se waar hulle woon en wat
hulle doen.

Ek bly in die staat Minnesota in die VSA en lei
rekenaarprogrammeerders op.

Dan sal dit dalk interesant wees as jy ons so nou en dan spesifieke
vrae vra, dinge wat jy oor wonder en dan kan ons elkeen vertel van hoe
die aspek hier by ons werk. Op so 'n manier kan ons almal ons kennis
van die aardbol verbeter en dalk so bietjie die politiek opsy skuif
vir 'n wyle!
Vorige onderwerp: Re: Een klein treetjie vier demokrasie
Volgende onderwerp: Die moddergooiwedstryd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 05:11:36 MGT 2024