Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » genootskap
genootskap [boodskap #144413] Ma, 15 Januarie 2024 19:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18989
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
genootskap
Afbreking: ge•noot•skap
Samestelling: genoot + -skap


Selfstandige naamwoord: genootskap
Meervoud: genootskappe

Betekenis:
• 'n Vereniging met 'n aantal lede en 'n gemeenskaplike doel.

Gebruik:
• Die Genootskap van Regte Afrikaners is op 14 Augustus 1875 in die Paarl gestig.

Sinoniem:
• assosiasie
• broederskap
• gilde
• klub
• vennootskap
• vereniging

Hiponiem:
• begrafnisgenootskap
• bondgenootskap
• bougenootskap
• bybelgenootskap
• deelgenootskap
• diggenootskap
• eedgenootskap
• godsdiensgenootskap
• kerkgenootskap
• koopgenootskap
• kunsgenootskap
• landbougenootskap
• liefdadigheidsgenootskap
• matigheidsgenootskap
• nywerheidsgenootskap
• rasgenootskap
• sendinggenootskap
• sielsgenootskap
• stamgenootskap

Afgelei:
• genootskaplik

Vertaling:
Engels: society, association, company
Nederlands: genootschap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pynappelsap
Volgende onderwerp: parlementslid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 20:16:09 MGT 2024