Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die onwaarskynlike held
| Die onwaarskynlike held [boodskap #14390 is 'n antwoord op boodskap #14391] |
Do., 07 Mei 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Ek dink dit was Hermann Gilliomee wat aan die begin van die jaar voorspel
het dat Louis Luyt die onwaarskynlike held van die jaar kan word.
Met sy weiering om te bedank as president van SARVU is daardie voorspelling
bewaarheid.
Nou, Gloudina, sal jy werklik oorlog kan sien.
Ek het nog nooit ooghare vir Luyt gehad nie. Maar die ANC se onregmatige
druk op SARVU het hom nou verhef tot die simbool van weerstand teen
onbehoorlike regeringsinmenging in die sake van die burgerlike samelewing.
Hierdie ding is groter as wat dit mag lyk. Dit is 'n toets vir ons grondwet.
Dit is 'n toets vir die ANC se wil om hom te onderwerp aan die grondwet. Dit
toets die ANC se toewyding aan die idee van "vryheid" waarvoor hulle hul na
bewering beywer het. Dit is besig om 'n baie fundamentele burgerregtelike
aangeleentheid te word.
Ter selfdertyd lyk dit so asof die ANC, Cosatu en die NSC probeer om die
aandag af te lei van hulle Madiba se "onbetroubare" getuienis onder eed.
Dieselfde ding wat in die VSA tot Nixon se ondergand gelei het.
Hierdie ding kan werklik baie lelik word - en 'n oomblik van waarheid.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
| Re: Die onwaarskynlike held [boodskap #14414 is 'n antwoord op boodskap #14391] |
Vr., 08 Mei 1998 00:00   |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: Februarie 1998
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum skryf:
> Beeld verklaar vanoggend dat SARVU nie die regeringsinmenging sal kan afweer
> terwyl Luyt nog daar is nie.
Leendert
Ek en Lou het lang gevegte elders gehad oor hierdie onderwerp (nie met
mekaar nie, en nie noodwendig om dieselfde redes nie).
My standpunt was dat dit Luyt se demokratiese reg was om die regering hof
toe te neem. Ek, en ek dink Lou ook, het ook die mening gehuldig dat net
mense wat deel is van rugby se strukture van Luyt ontslae kan raak. Na my
mening is dit gisteraand besluit, maar op 'n tegniese punt nie tot stemming
gebring nie. Dit gaan na aller waarskynlikheid binne die volgende drie weke
gebeur. Koebaai Luyt. Wie volg hom op?
(Ek onderskryf natuurlik ook die groot lorrie beginsel. Dit behels dat as jy
met jou motor op die pad ry, en 'n tien ton lorrie jaag teen 100km/h op jou
af, verkeerde kant van die pad, het jy 2 opsies:
1) Staan op jou regte, en kla later by Petrus by die hekke oor hoe
onregverdig dit was.
2) Neem ontwykende aksie, spaar jouself en jou gesin, en leef om nog 'n
geveg te veg.
Ek dink nie Luyt het meer een van die keuses nie.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
|
| Re: Die onwaarskynlike held [boodskap #14415 is 'n antwoord op boodskap #14391] |
Vr., 08 Mei 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Henri skryf:
> Leendert van Oostrum skryf:
>> Beeld verklaar vanoggend dat SARVU nie die regeringsinmenging sal kan afweer
>> terwyl Luyt nog daar is nie.
> Leendert
> Ek en Lou het lang gevegte elders gehad oor hierdie onderwerp (nie met
> mekaar nie, en nie noodwendig om dieselfde redes nie).
> My standpunt was dat dit Luyt se demokratiese reg was om die regering hof
> toe te neem.
Nee. Dit was sy _fundamentele_ grondwetlike reg.
> Ek, en ek dink Lou ook, het ook die mening gehuldig dat net
> mense wat deel is van rugby se strukture van Luyt ontslae kan raak.
Stem.
> Na my
> mening is dit gisteraand besluit, maar op 'n tegniese punt nie tot stemming
> gebring nie.
Nee. Die was geen besluit nie. Dit was hoogstens advies aan Luyt.
> Dit gaan na aller waarskynlikheid binne die volgende drie weke
> gebeur. Koebaai Luyt. Wie volg hom op?
Jy weet, mens moet hierdie dinge nie as vanselfsprekend neem nie - veral nie
in Afrika nie. Grondwette het gewoonlik bepalings dat daar 'n bepaalde
tydperk moet verloop vandat vergaderings belê word totdat hulle geskied. Een
van die redes hiervoor is om te verhoed dat belangrike besluite in die hitte
van die oomblik geneem word. Daar kan baie gebeur in die twee tot drie weke
terwyl die kennistydperk van 'n vergadering verloop.
> (Ek onderskryf natuurlik ook die groot lorrie beginsel. Dit behels dat as jy
> met jou motor op die pad ry, en 'n tien ton lorrie jaag teen 100km/h op jou
> af, verkeerde kant van die pad, het jy 2 opsies:
> 1) Staan op jou regte, en kla later by Petrus by die hekke oor hoe
> onregverdig dit was.
> 2) Neem ontwykende aksie, spaar jouself en jou gesin, en leef om nog 'n
> geveg te veg.
Jy is reg. Die probleem, in hierdie geval, is dat die vragmotor hoegenaamd
nie die reg het om op hierdie pad te wees nie. Hy stel ons almal in gevaar.
Tot dusver is Luyt die enigste een wat enigsins opgetree het om die
vragmotor te laat verwyder.
> Ek dink nie Luyt het meer een van die keuses nie.
Hmmm..... Jy mag reg wees. Of Luyt mag slimmer wees as wat ons dink.
Maar as hy sou ploeg in die proses is dit soveel te meer rede waarom ons
moet kennis neem en dringend iets doen om mense attent te maak op hierdie
vragmotor wat ry waar hy nie mag ry nie. As hy die pad vir die res van ons
onbruikbaar maak, sal ons desnoods van Gloudina se landmyne moet begin
opgaar.
Hierdie taktiek wat die ANC op SARVU uithaal is in elke opsig dieselfde een
wat 15 jaar gelede gebruik is om plaaslike strukture te verwyder in gebiede
wat onregeerbaar gemaak moes word. Dit is die tipe staatsterrorisme wat die
regerende Naziparty in die Duitsland van die dertigerjare toegepas het om
die bevolking te onderwerp - met die vakbonde as die bullyboys inkluis.
Daar is geen manier waarop jy jou gesin op die lang duur daarteen gaan
beskerm nie. Jou enigste opsie is om dit aan die kaak te stel terwyl jy nog
die kans het.
Jy kan, soos baie Duitse Jode, stilbly terwyl hulle nog net die ander Jood
wegneem - die een van wie niemand in elkgeval hou nie. Maar as dit nie more
jou beurt is nie, moet jy jou maar regmaak vir oormore.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die onwaarskynlike held [boodskap #14418 is 'n antwoord op boodskap #14391] |
Vr., 08 Mei 1998 00:00   |
Thomas Jacobs
Boodskappe: 49 Geregistreer: April 1997
|
Volle Lid |
|
|
In "Frikkie Potgieter" writes:
> KNIP
>> Hierdie ding is groter as wat dit mag lyk. Dit is 'n toets vir ons grondwet.
>> Dit is 'n toets vir die ANC se wil om hom te onderwerp aan die grondwet. Dit
>> toets die ANC se toewyding aan die idee van "vryheid" waarvoor hulle hul na
>> bewering beywer het. Dit is besig om 'n baie fundamentele burgerregtelike
>> aangeleentheid te word.
>> Ter selfdertyd lyk dit so asof die ANC, Cosatu en die NSC probeer om die
>> aandag af te lei van hulle Madiba se "onbetroubare" getuienis onder eed.
>> Dieselfde ding wat in die VSA tot Nixon se ondergand gelei het.
>> Hierdie ding kan werklik baie lelik word - en 'n oomblik van waarheid.
>> Groete, Leendert
> Julle moet besef dat die swartes niks voel oor rugby nie.
> Hulle gee niks om of rugby in isolasie gedompel word of nie.
> Een ding is seker.....
> Die ANC soek nie vir Luit nie, want hy staan in hulle pad, want hulle is
> agter die miljoene aan van die Rugbyraad.
> Kan niemand sien dat dit net `n plan van die kommunistiese regering is om
> die geld in die hande te kry nie....
> Luit BO????
> Hy moet meer die Stem speel en nkosi in isolasie dompel.
> Groete
> Frikkie
Frikkie jy behoort boswell & wilkie te join as hoofnar. Jy het nir die
vaagste benul oor wat hier aan die gang is nie.
aat prof jou nou inlig. Daar is sovee swartes as wittes wat rugby
ondersteun, nee wag, daar is meer swartes as wittes wat rugby
ondersteun. Laat ek toe gee, die ANC soek nie vir louis nie, nog minder
soek die majority rugby lovers vir louis. Haal af daai khaki goggles van
jou wat weer net kommuniste raak sien. By the way wat is die span beken
in oranjeville, khakiklawwers.??
Die miljoene van die rugby raad sal ook nie eens 'n toets na SA kan
bewerkstellig nie.
VIVA NSC, VIVA.
--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die onwaarskynlike held [boodskap #14438 is 'n antwoord op boodskap #14391] |
Sa., 09 Mei 1998 00:00   |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: Februarie 1998
|
Senior Lid |
|
|
Leendert skryf:
> Jy kan, soos baie Duitse Jode, stilbly terwyl hulle nog net die ander Jood
> wegneem - die een van wie niemand in elkgeval hou nie. Maar as dit nie more
> jou beurt is nie, moet jy jou maar regmaak vir oormore.
Leendert,
Ons is op dieselfde golflengte hier. Ek dink jy kan voorbeelde nader aan die
huis ook gebruik, bv. die eliminering van Webster. Ek het lang gesprekke met
jou vriend Ferdi oor hierdie beginsel gehad. Ek dink nie Luyt besef dit nie,
of dat baie ander, behalwe Mandela self, dit insien nie, maar Luyt het die
jong demokrasie 'n guns bewys deur hof toe te gaan.
My standpunt is dat baie dinge in ons grondwet nog getoets moet word, soos
die reg van 'n individu/instansie/minderheid om die staat aan te vat op
grondwetlike beginsels, en ook om die oppergesag van die howe as beginsel te
vestig. (Ek plaas 'n ander berig hieroor.) Ek dink Luyt het goed daarin
geslaag, hoewel ek sou wou gehad het dat die regter die redes vir sy
uitspraak bekend moes maak. Dat dit op die ou end sy kop gaan kos, is 'n
ander saak.
Dat Luyt op pad uit is, is 'n feit soos 'n koei, en ek sal my rekenaarskerm
eet as dit nie binne die volgende 3 weke gebeur nie. Soos ek dit verstaan,
maak SARFU se grondwet voorsiening vir so 'n vergadering, en dit blyk nou
dat van die unies wat hom Donderdag nog gesteun het, nou anders besluit het.
Ek kan geen manier insien hoe hy kan bly as die meerderheid SARFU
verteenwoordigers wil hê hy moet loop nie. Ek het nog nooit gedink hy is dom
nie, maar as hy nie onder die omstandighede vrywilliglik bedank nie, is hy.
Ek stem glad nie saam met diegene wat sê Luyt veg vir die saak van die
Afrikaner nie - dit maak 'n bespotting van ons. Ons beskou rugby as 'ons'
sport, maar ons het nie alleenaanspraak daarop nie. Ja, 'ons' is goed
daarmee, maar wat van die Teichmans, Smalls, Skinstads, ens.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
|
| Re: Die onwaarskynlike held [boodskap #14439 is 'n antwoord op boodskap #14391] |
Sa., 09 Mei 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
|
Senior Lid |
|
|
Henri skryf:
> Leendert skryf:
>> Jy kan, soos baie Duitse Jode, stilbly terwyl hulle nog net die ander Jood
>> wegneem - die een van wie niemand in elkgeval hou nie. Maar as dit nie more
>> jou beurt is nie, moet jy jou maar regmaak vir oormore.
> Leendert,
> Ons is op dieselfde golflengte hier. Ek dink jy kan voorbeelde nader aan die
> huis ook gebruik, bv. die eliminering van Webster. Ek het lang gesprekke met
> jou vriend Ferdi oor hierdie beginsel gehad. Ek dink nie Luyt besef dit nie,
> of dat baie ander, behalwe Mandela self, dit insien nie, maar Luyt het die
> jong demokrasie 'n guns bewys deur hof toe te gaan.
> My standpunt is dat baie dinge in ons grondwet nog getoets moet word, soos
> die reg van 'n individu/instansie/minderheid om die staat aan te vat op
> grondwetlike beginsels, en ook om die oppergesag van die howe as beginsel te
> vestig. (Ek plaas 'n ander berig hieroor.) Ek dink Luyt het goed daarin
> geslaag, hoewel ek sou wou gehad het dat die regter die redes vir sy
> uitspraak bekend moes maak. Dat dit op die ou end sy kop gaan kos, is 'n
> ander saak.
Hier is 'n baie ernstige probleem: As dit "op die ou end sy kop gaan kos",
beteken dit inderdaad dat die regbank nie onafhanklik "en sonder vrees" sy
werk kan doen, soos die grondwet vereis nie. Daar is slegs drie maniere
waarop 'n regter van sy pligte onthef kan word: Deur af te tree of te
bedank, of deur afgedank te word. Laasgenoemde kan slegs deur die regterlike
dienstekommissie gedoen word, of deur 'n tweederdemeerderheid van die
Nasionale Vergadering. En dan mag dit ook net gedoen word op grond van
ernstige wangedrag.
Dis nou wat die grondwet sê. Soos met Luyt, kan 'n regter natuurlik
ge-intimideer word om "vrywillig" te bedank. Of, soos met SARVU, kan die
regterlike dienstekommissie natuurlik ge-intimideer word om die regter af te
dank. Of die ANC kan 'n tweederdemeerderheid kry in die volgende verkiesing.
Die laaste twee opsies is egter baie moeiliker as die eerste - want dan moet
daar ook "ernstige wangedrag" bewys word. In die lig van Sam Shilowa se
dreigement, kan mens dus verwag dat die regter in die SARVU-saak miskien sal
moet vra vir polisiebeskerming.
> Dat Luyt op pad uit is, is 'n feit soos 'n koei, en ek sal my rekenaarskerm
> eet as dit nie binne die volgende 3 weke gebeur nie.
> Soos ek dit verstaan,
> maak SARFU se grondwet voorsiening vir so 'n vergadering, en dit blyk nou
> dat van die unies wat hom Donderdag nog gesteun het, nou anders besluit het.
> Ek kan geen manier insien hoe hy kan bly as die meerderheid SARFU
> verteenwoordigers wil hê hy moet loop nie.
Nee daar is geen manier nie - mits die korrekte prosedure gevolg word. Maar
ek verneem dat die bedanking van die vier lede van die uitvoerende raad
beteken dat die raad nie volgens die grondwet saamgestel is nie - en dus nie
bindende besluite kan neem nie!
> Ek het nog nooit gedink hy is dom
> nie, maar as hy nie onder die omstandighede vrywilliglik bedank nie, is hy.
Ek hoop hy het die moed om te bly sit totdat hulle hom in 'n vergadering
uitstem wat behoorlik belê is. Dit sal die "issues" in die saak mooi
duidelik omlyn. Dit sal dit duidelik vir die geskiedenis uitspel hoe SARVU
ge-intimideer is.
> Ek stem glad nie saam met diegene wat sê Luyt veg vir die saak van die
> Afrikaner nie - dit maak 'n bespotting van ons.
Nee wat, ek stem saam. Dit gaan hier gladnie om die Afrikaner nie.
> Ons beskou rugby as 'ons'
> sport, maar ons het nie alleenaanspraak daarop nie. Ja, 'ons' is goed
> daarmee, maar wat van die Teichmans, Smalls, Skinstads, ens.
Myns insiens is alle massa-toeskouersport uit die bose - "opium vir die
volk". Springbok-rugby ingesluit. Ek dink die Afrikaner, net soos die res
van SA, sal in die langtermyn beter daaraan toe wees sonder hierdie Engelse
aanwendsel.
Maar dit beteken nie dat die staat (of ek :-) die reg behoort te hê om vir
mense voor te sê wat hulle met hul tyd moet doen, of wie hulle moet kies om
hul tydverdrywe vir hulle te organiseer nie.
Die dwang wat op SARVU uitge-oefen word om van Luyt ontslae te raak is
staatsterrorisme van die mees blatante soort.
Kyk maar uit waar dit volgende gaan kopuitsteek - dis nou benewens die
moorde op boere.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die onwaarskynlike held [boodskap #14958 is 'n antwoord op boodskap #14391] |
Wo., 20 Mei 1998 00:00  |
Jennifer L. Logan
Boodskappe: 27 Geregistreer: Mei 1998
|
Junior Lid |
|
|
>
>
> Dink jy dis die onkoste? Miskien moet
> ons vir hom geld bymekaarmaak, dan sal
Soek liewers geld bymekaar voor jou volgende besoek aan die psigiater,
Glodina... Jy benodig dit...Epos rekeninge kos geld. Ek weet daar is
Hotmail, excite ens. maar daar kan jy nie groot bestande toe stuur nie.
Redirect is moontlik maar dis almal 'n klomp gemors. Los hom, ou bemoeial.
Dis heeltemal sei eie saak wat hy homself wil noem.
>
> hy miskien sy eposadres verander na iets
> moois in Afrikaans, soos "penkop." Dit
> sal tog nie goed wees as die AWB nie
> die voortgang van Afrikaans volledig
> ondersteun nie.
Mis strooi is sekerlik jou geliefse stokperdjie, niewaar nie. Nes Sizwe. Die
enigste verskil tusse jul twee is dat jy ietwat beskaafder jou gemors hier
kwytrraak. Trouwens wat weet 'n bangbroek soos jy eintlik van die AWB?
Sekerlik net die dinge wat die koerante aan jou opvoer, nè? (Almal oppas,
nou gaan sy sê ek behoort dalk aan die AWB...:)
> Of miskien gee hulle nie om nie? Ek
> wonder wat Etienne Terreblanche sê
> as hy van sy perd afval? Ek wed hy
> sê "damn" in plaas van "gits."
Wie is nou die "ignoramus" hier, ouma? Sy naam is Eugène. Nie Etiènne nie.
Nou wys jy hoe lank jy al weg is uit die land uit En ook dat jy nie eers die
verskil kan onderskei tusse die manlike of vroulike vorm van dié naam nie.Jy
gee dan vir hom die vroulike versie, dom ding!
>
>
> En wat is dit met daardie Franse
> naam Terreblanche. (Waar ek gebly
> het, het hulle dit Terblanche
> gespel.) Miskien moet hy dit
> verander na "Witgrond." En Frikkie
> syne na "Witbooi."
>
en jou naam van Bouwer na Bouval... of miskien sels Swartnooi.
> Die taalkomitee van die Boerestaat...
Hou op om snaaks te prober wees! Jy weet niks van 'n boerestaat nie. Jy is
veilig in Kanada, By die Eskimoos en die Franse. Gaan vang 'n vis of skrywe
een gedig, of poep in jou broek, maar jy moet ophou spot met dinge waarvan
jy geen kaas geëet het nie.
--
Crockitech@kincyb.comP - Remove the CP if you don't want your mail daemon
to Choke & Puke.
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Do. Jul. 30 10:50:22 UTC 2026
|