Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sleepsel
sleepsel [boodskap #144305] So, 31 Desember 2023 11:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sleepsel
Afbreking: sleep•sel
Samestelling: sleep + -sel


Selfstandige naamwoord: sleepsel
Meervoud: sleepsels
Verkleinwoord: sleepseltjie
Meervoud van verkleining: sleepseltjies

Betekenis:
• Iets wat saamgesleep word, of die spoor wat dit agterlaat.
• Lang deel van 'n rok wat oor die grond sleep. Sien sleep.
• (informeel) Iemand met wie 'n mens gereeld uitgaan.

Gebruik:
• Hulle sien 'n slang se sleepsel langs die tent.
• Haar trourok het 'n lang sleepsel.
• Hy en sy sleepsel het onverwags daar opgedaag.

Sinoniem:
• nasleep

Afgelei:
• slangsleepsel
• slaksleepsel

Vertaling:
Engels: trail
Nederlands: sleepsel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitbrand
Volgende onderwerp: trourok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:10:18 MGT 2024