Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dom apies op die net
Dom apies op die net [boodskap #14413] Vr, 08 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Miskien hoef ek nie so sleg te voel nie, ek is seker daar is,meer van my
soort hier rond.
Leendert, die gawe kubervriend, vertel my toe van die argiewe op die Net
waar boodskappe gekry kan word. Dis nou na aanleiding van my onvermoë om
terugvoering te "sien" op die NG: die hoofrede waarom ek nooit op kritiek
kan reageer nie.

Besoek toe die argiewe met 'n hoogse gesukkel, van baie dae, en baie
hooflyn "link" oproepe, en vind toe uit dat daar ook nie 'n volledige lys
van plasings is nie, maar ontdek tog wel daar 'n klomp plasings wat nie op
my rekenaar verskyn as die NG nuus afgelaai word nie.

Is daar nog sulke apies, soos ek, op die net, wat graag sou wou weet hoe om
sin te maak uit hierdie verwarring.Is daar tussen almal 'n geduldige
persoon wat vir ons die hele aangeleentheid mooi kan verduidelik - hou tog
asseblief nou ons rekenaar geleerdheid in gedagte met tegniese
verduidelikings. Dit sal besonder opreg waardeer word.

Is daar veranderings wat aangebring moet word wat ek nie van weet nie.

BELANGRIK: wie hersien die Net-argief, en hoe kry 'n mens al die dokumente
in die hande. Daar is net 'n beperkte hoeveelheid aangebring? HELP
ASSEBLIEF!
Re: Dom apies op die Net [boodskap #14531 is 'n antwoord op boodskap #14413] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Baie dankie vir die wonderlike raad in die koerant. Dom apie wil
weet...........
Waar kry 'n mens " tools>accounts>Add......."

As ek net by die "Tools" kan uitkom, en glo my, ek het probeer, sal dit
baie waardeer word.

Groete.
Re: Dom apies op die Net [boodskap #14532 is 'n antwoord op boodskap #14413] Ma, 11 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
griet skryf:

> As ek net by die "Tools" kan uitkom, en glo my, ek het probeer, sal dit
> baie waardeer word.

Griet,

Jy sal moet sê watter webleser jy gebruik. Soos Kobus elders verduidelik,
die "Tools" is vir Internet Explorer. Netscape mag iets anders gebruik.
Spesifiseer jou webleser, en vra weer die oorspronklike vraag.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Vorige onderwerp: Re: Live and work in SA, OPINION asked ?!?
Volgende onderwerp: Perde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 03:11:28 MGT 2024