Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verskeur
verskeur [boodskap #143961] Do, 23 November 2023 20:21
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19497
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verskeur
Afbreking: ver•skeur
Samestelling: ver- + skeur


Werkwoord: verskeur
Verlede tyd: het verskeur

Betekenis:
• Om aan stukke te skeur.
• (figuurlik) Om te vernietig of pyn te veroorsaak.

Gebruik:
• Die leeu het die jagter verskeur.
• Maar julle byt en verskeur mekaar; pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie. [Galasiërs 5:15]

Sinoniem:
• beskadig
• verniel
• vernietig
• verslind
• verflenter
• verrinneweer
• verwoes

Afgelei:
• verskeurend
• verskeuring

Vertaling:
Engels: to tear apart, rip up, devour
Nederlands: verscheuren


Byvoeglike naamwoord: verskeur, verskeurd
Attributief: verskeurde

Betekenis:
• Wat in stukke geskeur is.

Gebruik:
• Die man se verskeurde liggaam is op 'n wildplaas gevind.

Afgelei:
• verskeurdheid

Vertaling:
Engels: torn, mutilated
Nederlands: verscheurd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sakevertroue
Volgende onderwerp: klaaglik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 06:47:40 MGT 2024