Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lokaal
lokaal [boodskap #143956] Do, 23 November 2023 17:58
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19496
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lokaal
Afbreking: lo•kaal


Selfstandige naamwoord: lokaal
Meervoud: lokale
Verkleinwoord: lokaaltjie
Meervoud van verkleining: lokaaltjies

Betekenis:
• 'n Groot vertrek wat vir 'n bepaalde doel gebruik word.

Gebruik:
• Kon jy 'n geskikte lokaal vir die byeenkoms kry?

Hiponiem:
• bierlokaal
• buffetlokaal
• eetlokaal
• gimnastieklokaal
• kantoorlokaal
• klaslokaal
• klublokaal
• kunslokaal
• ontspanningslokaal
• siekelokaal
• skoollokaal
• stemlokaal
• studielokaal
• veilingslokaal
• vergaderlokaal
• verkooplokaal
• vertoonlokaal
• verversingslokaal
• werklokaal

Vertaling:
Engels: room, hall
Nederlands: lokaal


Byvoeglike naamwoord: lokaal
Attributief: lokale

Betekenis:
• Plaaslik; van beperkte omvang.

Gebruik:
• Die dokter het lokale verdowing toegedien.

Antoniem:
• nie-lokaal

Afgelei:
• lokaliseer
• lokaliteit

Vertaling:
Engels: local
Nederlands: lokaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: staatsgetuie
Volgende onderwerp: onstabiliteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 06:20:35 MGT 2024