Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gebrekkig
gebrekkig [boodskap #143897] So, 19 November 2023 09:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19497
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gebrekkig
Afbreking: ge•brek•kig
Samestelling: gebrek + -ig


Byvoeglike naamwoord: gebrekkig
Vergrotende trap: gebrekkiger
Oortreffende trap: gebrekkigste
Attributief: gebrekkige
Partitief: gebrekkigs

Betekenis:
• Wat een of meer gebreke het; ontoereikend of onvoldoende is.

Gebruik:
Gebrekkige rioolstelsels lei tot besoedeling, wat verder tot siektes onder mense lei.

Sinoniem:
• defektief
• foutief
• geradbraak
• mank
• ontoereikend
• onvoldoende
• onvolkome
• onvolledig
• verknoeid

Hiponiem:
• spraakgebrekkig

Afgelei:
• gebrekkigheid

Vertaling:
Engels: flawed, faulty, deficient, defective, lacking, inadequate
Nederlands: gebrekkig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: noodsaaklikheid
Volgende onderwerp: 81ste
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 07:13:52 MGT 2024