Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oorerwing
oorerwing [boodskap #143718] So., 05 November 2023 18:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26631
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
oorerwing
Afbreking: oor•er•wing
Samestelling: oorerf + -ing


Selfstandige naamwoord: oorerwing
Meervoud: oorerwinge, oorerwings

Betekenis:
• Die oordrag van fisiese en ander eienskappe van die een na die volgende geslag.
• (rekenaars) Dit wat 'n klas in objek georiënteerde programmering kry vanaf 'n klas waarop dit gebaseer is.

Gebruik:
• Outisme is gewoonlik die resultaat van oorerwing of genetiese mutasie.
• Oorerwing laat 'n klas toe om dieselfde gedrag as 'n ander klas te hê, en dit dan uit te brei of vir 'n spesifieke behoefte aan te pas.

Afgelei:
• oorerwingsfaktor
• oorerwingskrag

Vertaling:
Engels: inheritance
Nederlands: overerving

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: terugroep
Volgende onderwerp: dokumentering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Sep. 26 15:52:57 UTC 2026