| opwagting [boodskap #143543] |
Vr., 20 Oktober 2023 10:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24308 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opwagting
Afbreking: op•wag•ting
Samestelling: opwag + -ing
Selfstandige naamwoord: opwagting
Meervoud: –
Betekenis:
• Die handeling om op iemand se koms/besoek te wag.
Gebruik:
• Die baba sal na verwagting sy opwagting in Mei maak.
Sinoniem:
• aankoms
• besoek
• besoeking
• opdaging
• verskyning
Vertaling:
Engels: appearance, arrival
Nederlands: opwachting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|