Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina dissekteer "apartheid"
Gloudina dissekteer "apartheid" [boodskap #14310] |
Ma., 04 Mei 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
From:
Subject: Leendert vra: wat is Apartheid?
Date: 27 Apr 1998 00:00:00 GMT
Message-ID:
Organization: IGS - Information Gateway Services
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Wel, Leendert, ek weet dis 'n lokval.
In 'n "oorlog" moet 'n mens seker maar lokvalle verwag, nie waar nie? As jy
oorlog aanstig miskien soveel te meer.
En onthou, Gloudina: oorlog is 'n vuil, vuil besigheid. Daar sit geen eer of
glorie in nie. En dit maak baie bitter seer.
> Jy wil
> hê ek moet vir jou "apartheid" "verduidelik." Dan
> het jy nou 'n kans om vir almal jou nuutgewas- en
> gestrykte konsep van apartheid voor te lê.
Hmmm... 'n Lokval is net 'n lokval as dit die vyand dit nie voorsien nie.
En jy sit reeds pens en pootjies daarin.
> Op so 'n
> manier voel jy dan "beter" oor wat die afgelope half-
> eeu in SA gebeur het.
Huh - uh. Ek kan nie beter voel oor wat die afgelope half-eeu in SA gebeur
het nie :-)
> Ongelukkig, Leendert, is dit nou 1998 en nie
> 1948 nie.
Ek weer, dink dis gelukkig - nie ongelukkig nie.
> Aanvanklik het die mense wat "apartheid"
> verkondig het, dit voorgestel as 'n nuwe bedeling wat
> die probleme sou oplos van die vorige halfeeu.
Wat was die probleme van die vorige halfeeu?
> Maar
> baie gou het dit geblyk dat die agenda iets anders is.
Wat, het dit toe geblyk, was die agenda? (En wanneer het dit so geblyk?).
> Vroeg in die vyftigerjare het daar 'n klomp wette ver-
> skyn wat dit duidelik gemaak het dat almal wat nie "wit"
> is nie net in sekere plekke kan bly, nie kan trou met wie
> hulle wil nie, nie kan studeer waar hulle wil nie, en so
> aan en so aan en so aan.
Hmmm... Het dit net gegeld vir almal wat nie "wit" is nie? Kon almal wat
"wit" was dan bly waar hulle wou, trou met wie hulle wou, studeer waar hulle
wou en so aan en so aan?
Ek sou graag ook meer verneem van die "en so aan en so aan".
> Eers het die SA bevolking wat
> nie "blank" was nie deur die howe probeer om sake te
> probeer verander. Maar toe dit lyk asof niks help nie, het
> hulle 'n baie laegraadse burgeroorlog begin.
Kan jy spesifiek wees, asseblief: wat bedoel jy met "'n baie laegraadse
burgeroorlog"? Ek stel veral belang in die strategiese doelwitte daarvan,
die teikens wat ge-identifiseer is, die taktiek en wapens wat aangewend is,
en die algemene verloop daarvan.
> Dinge het al slegter geraak in die sestigerjare.
Ah! Jy sê dus dat daar in die sestigerjare 'n tweede fase was. Hoe het
hierdie fase verskil van die voorafgaande een? In watter opsig het "dinge"
al slegter geraak?
> Teen die
> 1970�s en 1980�s was almal wat nog Christelike beginsels
> gehad het, al teen die sisteem gekant.
Dit lyk my ons het dan hier te doen met 'n derde fase, nie waar nie? Hoe
verskil dit van die voorafgaande twee?
Ek dink dit sal help as jy die "sisteem" verduidelik. Is dit nou dieselfde
as die "klomp wette" waarna jy aanvanklik verwys het?
> Maar daar was so 'n
> duiwelse netwerk van skobbejakke wat die land geterroriseer
> het, dat dit lank geneem het voordat die "Broederbond" self
> gesien het dat dinge nou hand uitruk en stappe gedoen het
> om dinge weer te normaliseer:
Is dit 'n vierde fase? Wanneer het dit begin? Wat was sy kenmerke?
> dit wil sê om 'n atmosfeer
> te skep waar demokratiese magte kon oorneem en die land
> red van die boelies wat 'n fascistiese staat geskep het.
Jy sê die "Broederbond" het hierde ding gedoen - hierdie atmosfeer geskep?
Vertel meer hiervan asseblief.
> 'n
> Soort van staatsgreep het PW Botha uit die saal gelig. Later
> het dinge hulle verloop geneem. Aanvanklik het de Klerk
> ook maar seker gedink hy kan sy draaie gooi en nog die mag
> in hande hou. Die geskiedenis vertel ons egter dat hy nie
> geslaag het nie. Dis daarom dat in 1998 ons nou in SA 'n
> bedeling het wat nader lyk aan 'n demokratiese staat as
> wat die geval was in die laaste paar eeue.
Jy sê dis "nader aan" 'n demokratiese staat. Hoe verskil dit dan van 'n
volwaardige demokratiese staat?
En jy verwys ook na "die afgelope paar eeue" in die konteks van 'n
"demokratiese staat" Ek so graag verneem: Wat beskou jy as die eerste
volwaardige "demokratiese staat", en wanneer het dit tot stand gekom? Beskou
jy Kanada as 'n volwaardige "demokratiese staat" en wanneer het dit een
geword? Die VSA? Verenigde Koningkryk? Nederland? Liberië? Ethiopië?
> Natuurlik is die sosio-politieke en ekonomiese toestande
> in SA op die oomblik in 'n warrelwindtoestand - die mense
> wat "apartheid" ontwerp en die mense wat dit in stand gehou
> het, het direk hand daarby dat daar 'n vryheidsbeweging onder
> die nie-blankes ontstaan het. Jy het dus nou die toestand dat
> vorige vryheidsvegters 'n land moet regeer (omdat hulle die
> sterkste party is.) Miskien, as die mense wat so in "apartheid"
> geglo het in die middel van die eeu, kon sien wat in die toe-
> koms sou gebeur, sou hulle tweekeer gedink het voordat hul
> vir hul kinders die bed van spykers ontwerp het waarop hulle
> nou moet lê. Miskien moes hulle in 1948 op hulle knieë
> gegaan het en die Vader se leiding gevra het. Dan het SA
> miskien met reg en geregtigheid ontwikkel in 'n staat waar
> dit nie nodig was vir 'n burgeroorlog om uit te breek nie.
Dis nou 'n interessante "if only" hierdie! Kom ons gestel "hulle" het wel op
hul knieë gegaan en dat dit gebeur het soos jy wens dit het gebeur.
Verduidelik hoe jy dink dat "dinge" sou verloop het in die tyd van elk van
die vier fases wat jy hierbo aandui
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
Re: Gloudina dissekteer "apartheid" [boodskap #14346 is 'n antwoord op boodskap #14310] |
Di., 05 Mei 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2171 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" writes:
> En onthou, Gloudina: oorlog is 'n vuil, vuil besigheid. Daar sit geen eer of
> glorie in nie. En dit maak baie bitter seer.
Nee. Die Salvation Army (die Heilsleer)
maak oorlog teen 'n hele klomp dinge. En
hulle maak nie seer nie. Dis goed om vir
reg en geregtigheid te veg.En ek veg vir
die herstelling van die goeie naam van die
Afrikaner. Niks kan meer eerbaar wees nie.
>
>> Ongelukkig, Leendert, is dit nou 1998 en nie
>> 1948 nie.
>
> Ek weer, dink dis gelukkig - nie ongelukkig nie.
Nog 'n pluimpie vir die Nuwe
Suid-Afrika?
> Wat was die probleme van die vorige halfeeu?
Geweldige instromings van mense na die
stede om werkskrag te voorsien vir die
maak van al die dinge wat nodig was om
die Tweede Wereldoorlog te veg. Duisende
plakkkers om Johannesburg veral.
>> Teen die
>> 1970�s en 1980�s was almal wat nog Christelike beginsels
>> gehad het, al teen die sisteem gekant.
Ja, aanvanklik was daar nog bekwame mense
wat gedink het hulle kan binne die sisteem
werk. Byvoorbeeld Frank de Villiers wat
die eerste hoof van Bantoe-Onderwys was.
Maar teen die 70's en 80's was dit
gewetenlose leerklimmers wat aan die hoof
van instansies begin dien het. Die meer
beskaafde en nederige van die Broederbonders
het al lank al die handdoek ingegooi, en die
klomp gewetenlose jaers na promosie oor
hulle laat klim. Ja, Leendert, daar was
fases. En ek dink die hele huis van kaarte
het begin ineenstort toe Afrikaners agter-
gekom het dat ander Afrikaners teen hulle
werk. Dit was nou sommer 'n ou treurspul.
Ek kan nie glo dat Afrikaners so dom kon
wees nie. Ek blameer nou maar baie die
CIA en die neo-nazi invloede en geld uit
Kanada en die VSA, Maar uiteindelik moet
ek tog maar tot die konklusie kom - die
Afrikaners het sulke fools van hulself
gemaak. En ons almal ly daaronder.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Gloudina dissekteer "apartheid" [boodskap #14403 is 'n antwoord op boodskap #14310] |
Do., 07 Mei 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes:
>> En onthou, Gloudina: oorlog is 'n vuil, vuil besigheid. Daar sit
> geen eer of
>> glorie in nie. En dit maak baie bitter seer.
> Nee. Die Salvation Army (die Heilsleer)
> maak oorlog teen 'n hele klomp dinge. En
> hulle maak nie seer nie.
Heeltemal korrek. Ek het nog nie opgelet dat die Heilsleër op straathoeke
staan en verbyganger uitskel vir varke nie.
> Dis goed om vir
> reg en geregtigheid te veg.
Inderdaad. Mits ons nie daarop aandring dat ons die monopolie het om te
oordeel wat reg en geregtigheid is nie.
> En ek veg vir
> die herstelling van die goeie naam van die
> Afrikaner.
Snaakse manier wat jy het om dit te doen, nie waar nie - skel al wat
Afrikaans is vir varke uit.
Niks kan meer eerbaar wees nie.
>>> Ongelukkig, Leendert, is dit nou 1998 en nie
>>> 1948 nie.
>> Ek weer, dink dis gelukkig - nie ongelukkig nie.
> Nog 'n pluimpie vir die Nuwe
> Suid-Afrika?
Eerder vir die insette wat Afrikaners gehad het in die bedinging van die
"Nuwe Suid-Afrika".
>> Wat was die probleme van die vorige halfeeu?
> Geweldige instromings van mense na die
> stede om werkskrag te voorsien vir die
> maak van al die dinge wat nodig was om
> die Tweede Wereldoorlog te veg. Duisende
> plakkkers om Johannesburg veral.
Dis die vorige dekade.
a) Hoe hou hierdie dinge verband met die Jodeslagting, Rwanda en Roots?
b) Wat van die vorige vier dekades?
>
>>> Teen die
>>> 1970�s en 1980�s was almal wat nog Christelike beginsels
>>> gehad het, al teen die sisteem gekant.
Ja, aanvanklik was daar nog bekwame mense
> wat gedink het hulle kan binne die sisteem
> werk. Byvoorbeeld Frank de Villiers wat
> die eerste hoof van Bantoe-Onderwys was.
> Maar teen die 70's en 80's was dit
> gewetenlose leerklimmers wat aan die hoof
> van instansies begin dien het. Die meer
> beskaafde en nederige van die Broederbonders
> het al lank al die handdoek ingegooi, en die
> klomp gewetenlose jaers na promosie oor
> hulle laat klim.
"Meer beskaafde en nederige Broederbonders"? Vertel meer?
> Ja, Leendert, daar was
> fases. En ek dink die hele huis van kaarte
> het begin ineenstort toe Afrikaners agter-
> gekom het dat ander Afrikaners teen hulle
> werk.
Verduidelik asseblief?
> Dit was nou sommer 'n ou treurspul.
> Ek kan nie glo dat Afrikaners so dom kon
> wees nie. Ek blameer nou maar baie die
> CIA en die neo-nazi invloede en geld uit
> Kanada en die VSA, Maar uiteindelik moet
> ek tog maar tot die konklusie kom - die
> Afrikaners het sulke fools van hulself
> gemaak. En ons almal ly daaronder.
Nee, Gloudina. Jy ly nie. Jy kraai van lekkerkry.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 20 22:25:53 UTC 2025
|