Betekenis:
• 'n Kraan met water onder druk om vuur te blus. Aansluitpunt vir 'n brandslang aan die waternetwerk, meestal op die sypaadjie voor 'n gebou.
Gebruik:
• Volgens die brandweermanne was die waterdruk in die brandkraan onvoldoende om die vuur te blus.
Sinoniem:
• brandweerkraan
• hidrant
• standkraan
Afgelei:
• brandkraanklep
• brandkraanpunt
Vertaling:
Engels: fire hydrant
Nederlands: brandkraan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.