Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Johan Potgieter: Oor die Micmac van Big Cove
Vir Johan Potgieter: Oor die Micmac van Big Cove [boodskap #14308] Ma, 04 Mei 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
In die Kanadese provinsie van New Brunswick is
daar 'n Eerste Nasie-reservaat bewoon deur Micmac.
Die naam van die reservaat is Big Cove. Hierdie plek
het bekend geword as 'n sosiologiese probleemgebied.
Die selfmoordsyfer, veral onder jeugdiges, was ver
bo die gemiddelde vir Kanada. Dit was beskou as van
epidemiese proporsies. Daarmee saamgaande, en deels
aangeneem as die oorsaak, was 'n baie hoë gebruik van
alkohol en ander dwelm-middels. Dit was 'n probleem
wat sielkundiges en sosioloë hoofbrekens gegee het. En
vir baie Kanadese, wat rassisties gedink het, maar net
nog 'n voorbeeld van die onkunde en onbereidheid van
die �Indiaan� om homself aan te pas en reg te ruk.
Tot nou onlangs. Die mense van Big Cove het
besluit dat hulle in die kroon-woude in sal gaan en begin
om die bome te kap en te verkoop en vir hulself so werk
te verskaf. Hulle het hierdie besluit geneem toe hulle sien
dat die Hooggeregshof van Kanada besluit het dat Eerste
Nasies die reg het om op kroongrond te jag en te oes,
sonder dat dit nodig is om op papier te bewys dat hulle
die reg het om daar te bly. Mondelingse oorlewering is
genoeg, het die Kanadese Hoërhof gesê. Die mense van
Big Cove het toe besluit om die wet te toets. Toe hulle
in die bosse ingaan, het die Provinsiale regering van New
Brunswick vir hulle beveel om op te hou om op kroongrond
bome af te kap. Hulle het geweier. Die provinsiale regering
het 'n hofbevel aangevra om hulle te dwing. Die Micmac
het geweier. Die situasie is getoets in 'n provinsiale hof.
Hierdie laer hof het verklaar dat die mense van Big Cove nie
die reg het om die bome af te kap nie. Maar die mense van
Big Cove sê hulle sal aangaan om te doen wat hulle doen.
Die provinsiale premier het hulle probeer omkoop deur vir
hulle van die geld wat die groot bosboumaatskappye aan die
regering gee as vergoeding aan te bied. Maar die Micmac wil
nie die geld hê nie. Hulle wil die werk hê. Die voorsitter van
Big Cove se reservaat sê dat niemand in die laaste tyd self-
moord gepleeg het nie. En dat daar 'n dramatiese afname is
in die gebruik van alkohol. Die mense weet hulle moet vroeg
gaan slaap, want more-oggend moet hulle vroeg opstaan om
te begin bome kap.
Dit laat 'n mens diep dink oor wat die mense uit Europa
aan die oorspronklike nasies van die Noord-Amerikaanse
vasteland gedoen het. Hoe durf hierdie indringers van oorsee
�kroongronde� geskep het en die mense wat al vir duisende
jare hier gebly het, weghou van wat eintlik hulle reg is om
te gebruik. En die geweldige sosiologiese en sielkundige
gevolge vir mense wat onterf voel, hopeloos voel, van geen
nut voel. Dis om van te huil.

Gloudina Bouwer
Re: Vir Johan Potgieter: Oor die Micmac van Big Cove [boodskap #14309 is 'n antwoord op boodskap #14308] Ma, 04 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 4 May 1998 03:23:56 GMT, wrote:

>
>
> In die Kanadese provinsie van New Brunswick is
> daar 'n Eerste Nasie

... ek vermoed hulle is Rooiihuide ...?

> -reservaat bewoon deur Micmac.
> Die naam van die reservaat is Big Cove. Hierdie plek
> het bekend geword as 'n sosiologiese probleemgebied.
> Die selfmoordsyfer, veral onder jeugdiges, was ver....

Vreeslike mooi storie, maar dit roer nie my hartsnare nie. Ek is wit
en baie trots daarop. Ek het geen skuld aan wat jou landgenote aan
die Indiane gedoen het nie.

Ek het voorheen in 'n plasing gesê dat daar hier in noordAmerika
tekens is van mense wat hulself ophef en nou vertel jy vir ons van een
so ''n mooi voorbeeld.

Vertel asseblief nou vir ons van so 'n self-opheffing wat iewers in
Afrika gedoen is - jy kan enige tyd in die geskiedenis of hede gaan
soek.

Dennis Becket het self in SA rondgereis en gaan kyk maar na sy TV
programme, hoe baie keer het hy nie in desperaatheid aan swart mense
gevra "Wat het julle nou al hieraan gedoen nie?" Of "Wie dink jy moet
dit vir julle regmaak nie?"

Nee wat, Gloudina, jy verloor jou eiei argumente soos jy hulle
neerskryf - raak ontslae van jou oordrewe skuldgevoelens omdat jy wit
is en kyk eerder watter positiewe dinge jy kan doen om te help.

Vertel ons dan eerder daarvan as om jouself af te skiet...
Vorige onderwerp: Re: Vir Johan Potgieter: Oor die Micmac van Big Cove
Volgende onderwerp: Verlore Pos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 13:39:29 MGT 2024