| wisselvallig [boodskap #143064] |
Sa., 02 September 2023 13:05 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24169 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wisselvallig
Afbreking: wis•sel•val•lig
Samestelling: wissel + val + -ig
Byvoeglike naamwoord: wisselvallig
Vergrotende trap: wisselvalliger
Oortreffende trap: wisselvalligste
Attributief: wisselvallige
Partitief: wisselvalligs
Betekenis:
• Wat gedurig verander en nie bestendig bly nie.
Gebruik:
• Die reënval in droë gebiede is soms baie wisselvallig.
Sinoniem:
• onbestendig
• onreëlmatig
• onstabiel
• onvoorspelbaar
• sporadies
• veranderlik
• wispelturig
Afgelei:
• wisselvalligheid
Vertaling:
Engels: changeable, variable, inconstant, volatile
Nederlands: wisselvallig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|