| watte [boodskap #143029] |
Do., 31 Augustus 2023 07:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
watte
Afbreking: wat•te
Selfstandige naamwoord: –
Meervoud: watte
Verkleinwoord: wattetjie
Meervoud van verkleining: wattetjies
Betekenis:
• Katoen of 'n soortgelyke sintetiese stof, o.a. gebruik as vulsel/stopsel en om op wonde aan te bring.
Gebruik:
• Die verpleegster week die watte in ontsmettingsmiddel om die wond skoon te maak.
Hiponiem:
• absorbeerwatte
• karbolwatte
• verbandwatte
Afgelei:
• watteagtig
• watteprop
• wattestof
• wattestokkie
• wattestukkie
Vertaling:
Engels: cotton wool
Nederlands: watten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|