| onwelriekend [boodskap #143017] |
Wo., 30 Augustus 2023 13:51 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onwelriekend
Afbreking: on•wel•rie•kend
Samestelling: on- + welriekend
Byvoeglike naamwoord: onwelriekend
Vergrotende trap: onwelriekender
Oortreffende trap: onwelriekendste
Attributief: onwelriekende
Partitief: onwelriekends
Betekenis:
• Wat nie lekker ruik nie.
Gebruik:
• Iemand het 'n onwelriekende windjie gelos.
Sinoniem:
• slegruikend
• stinkend
Vertaling:
Engels: foul smelling, malodorous
Nederlands: onwelriekend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|