Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hinkepink
hinkepink [boodskap #142941] Ma., 21 Augustus 2023 15:57
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hinkepink
Afbreking: hin•ke•pink


Werkwoord: hinkepink
Verlede tyd: het gehinkepink
Teenwoordige deelwoord: hinkepinkend

Betekenis:
• Om oneweredig/kruppel/mank te loop omdat die een been beseer of gebrekkig is.
• (figuurlik) Om stadig en sukkelend oor die weg te kom.

Gebruik:
• Die rugbyspeler hinkepink op sy een been van die veld af.
• Die vliegtuig het met een sukkelende enjin deur die lug gehinkepink.

Wisselvorm:
• hink-en-pink

Sinoniem:
• hink
• strompel
• voortstruikel

Vertaling:
Engels: to limp
Nederlands: hinkepinken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inderwaarheid
Volgende onderwerp: agurkie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 30 07:21:49 UTC 2025