Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina se leuens
Gloudina se leuens [boodskap #14273] So, 03 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
From:
Subject: Re: 'n Disseksie van Bedrog
Date: 03 May 1998 00:00:00 GMT
Message-ID:
Organization: IGS - Information Gateway Services
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans

> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>> "Sizwe" is skuldig daaraan dat hy kwaadwillige laster op hierdie nuusgroep
>> versprei het en nie eens die moed het om dit onder sy eie naam te doen
>
> En ek beskuldig jou daarvan dat jy
> kwaadwillige laster teenoor die
> wettige regering van SA aanhoudend
> op hierdie nuusgroep uitgesaai het,
> terwyl jy aanhoudend mense soos
> Verwoerd en PW probeer skoonpraat
> het.
>
>> Nee wat. Tot tyd en wyl jy leer wat in die grondwet van jou eie Canada staan
>> sal dit seker nie help om jou daarop te wys dat ek niks het om oor te bieg
>> as ek van niks aangekla staan nie.
>
> O so, dis die grondslag van jou beter
> as almal, skoon handjies-gewete: dat
> jy van niks aangekla word nie. Ek kla
> jou aan vir die retoriese aanvalle wat
> jy maak op enigiemand waarmee jy nie
> saamstem nie. Onthou hoe jy vir Koos
> altyd as ANC-lakei uitgekryt het. Geen
> toegawe dat hy 'n Afrikaner is wat net
> soveel of meer van die ware toestande
> in Suid-Afrika weet nie. Nee, jy het
> hom aanhoudend uitgekryt, net omdat
> hy gewaag het om dinge te sê wat nie
> met jou agenda strook nie. Leendert,
> jy draai 'n rad alleen om jou eie
> o"e. Almal sien jou vir wat jy is:
> 'n man wat desperaat is om sy hande
> skoon te was met argumente. Jou hande
> sal alleen skoongewas word wanneer jy
> verklaar: ek is 'n sondaar, vergewe my.
>
>
>>
>> Ek sê maar net vir jou as jy lieg. Jammer as jy nie daarvan hou nie.
>
> OK. Leendert. Van een tot tien. Maak
> 'n lys van die dinge waar ek lieg.
> Kort sinne, sodat jy nie agter woorde
> kan wegkruip nie. Ek wag. Van nommer
> een tot nommer tien. Die leuens wat ek verkondig. Ek wag.

Hmm... Een leuen sou genoeg wees om my stelling te bewys, Gloudina. Soos die
volgende (leuen nommer 1): a) "Leendert is nie 'n apartheidsvark nie" b)
"Leendert is 'n apartheidsvark". Jy het albei hierdie stellings gmaak. Een
van hulle moet 'n leuen wees (selfs al weier jy steeds om te verklaar wat jy
met "apartheid" bedoel).

En dan eis jy nog "kort sinne" ook. Met die uitgesproke doel om te verhoed
dat ek die aard van jou leuens uiteensit.

Maar selfs met hierdie beperkings, Gloudina, is dit maklik. Sommer uit
hierdie berig van jou. Elkeen van die volgende is of bevat eksplisiete of
implisiete leuens:

2) "...dat jy kwaadwillige laster teenoor die wettige regering van SA
aanhoudend op hierdie nuusgroep uitgesaai het" (3 leuens)

3) "...[dat] jy aanhoudend mense soos Verwoerd en PW probeer skoonpraat
het." (2 leuens)

4) "...dit is die grondslag van jou beter as almal, skoon handjies-gewete:
dat jy van niks aangekla word nie" (2 leuens)

5) "...die retoriese aanvalle wat jy maak op enigiemand waarmee jy nie
saamstem nie." (1 leuen)

6) "...hoe jy vir Koos altyd as ANC-lakei uitgekryt het." (3 leuens)

7) "Geen toegawe dat hy 'n Afrikaner is wat net soveel of meer van die ware
toestande in Suid-Afrika weet nie." (1 leuen)

8) "Nee, jy het hom aanhoudend uitgekryt, net omdat hy gewaag het om dinge
te sê wat nie met jou agenda strook nie." (4 leuens)

9) "...jy is: 'n man wat desperaat is om sy hande skoon te was met
argumente." (2 leuens)

10) "...tot tyd en wyl jy wys dat jy 'n mens van vlees en bloed is, 'n mens
wat eerlik bieg dat hy en die mense wat hy nagevolg het ook foute gemaak
het�" (1 leuen)

11) "Onthou, vir elkeen wat genecklace is, was daar honderde wat in aanvalle
op huise doodgeskiet is." (1 leuen)

Daars hy, Gloudina! Een-en-twintig leuens wat jy verkondig net in hierdie
berig waarin jy my uitdaag om tien leuens te toon. En jy het al honderde
boodskappe op hierdie nuusgroep geplaas!

Jou taak, lasterlike leuenares, is natuurlik om te bewys wat jy beweer - om
nou die laaste tien van hierdie elf stellings te bewys (in die geval van die
eerste een is daar niks om te bewys nie - die bewys dat daar 'n leuen is
staan reeds daar in die teenstrydigheid).

>
>>
>>> So, tot tyd en wyl jy wys
>>> dat jy 'n mens van vlees en bloed
>>> is, 'n mens wat eerlik bieg dat hy
>>> en die mense wat hy nagevolg het
>>> ook foute gemaak het, bly jy net
>>> 'n strooipop en nooi jy mense uit
>>> om jou in die vuur te gooi en te
>>> sien of daar enigiets anders as
>>> strooi in jou is.
>>
>> Hmm...... "Strooipop"? "Heks"?
>> Almal maar bestem vir die vuur, ne?
>> En tires werk tog so goed.
>
> Ja, hier is die "vintage" Leendert.
> Hy steek die ou krom vinger in
> die ander rigting en kekkel "jy,
> jy is die heks, die verbrander van
> mense." Jy bereik niks deur hierdie
> soort snert nie, Leendert, behalwe
> dat jy sielkundig vir jouself bloot-
> l^e. Onthou, vir elkeen wat genecklace
> is, was daar honderde wat in aanvalle
> op huise doodgeskiet is. Onthou jy
> die geval waar hulle vyf kinders in
> 'n hut doodgeskiet het in die Transkei.
> En onthou jy vir Ruth First? As ons
> nou moet begin bodies count, ou
> Leendert, dink jy jy sal wen in die body count?

Jy beter begin met die body count, ou dier! Jy het 'n bewering om te bewys!

> Ek wag vir 'n antwoord, Leendert

Jy het hom. Die bal is joune :-)

Vriendelike groete, Leendert
Re: Gloudina se leuens [boodskap #14291 is 'n antwoord op boodskap #14273] Ma, 04 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> "Leendert van Oostrum" writes:
>
> dat Gloudina nie vertel het wat sy onder
> apartheid verstaan nie. Jy kry nie al die
> poste op die nuusgroep uit Noord-Amerika
> nie, dink ek. Gaan soek in die argief.
> Ek het 'n lang stuk geskryf getiteld"
> "Leendert vra: wat is Apartheid."

Oeps!

Ja. Ek is afhanklik van Telkom se SAIX as my nuusverspreider.

Genoeg gesê.

Ek het die berig toe sonder moeite in die argief opgespoor en die antwoord
volg terstond.

En nou sien ek met versugting uit na die bewyse van jou elf stellings met
die een-en-twintig leuens....

Vriendelike groete, Leendert
Re: Gloudina se leuens [boodskap #14292 is 'n antwoord op boodskap #14273] Ma, 04 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes:

dat Gloudina nie vertel het wat sy onder
apartheid verstaan nie. Jy kry nie al die
poste op die nuusgroep uit Noord-Amerika
nie, dink ek. Gaan soek in die argief.
Ek het 'n lang stuk geskryf getiteld"
"Leendert vra: wat is Apartheid."

Gloudina
Re: Gloudina se leuens [boodskap #14293 is 'n antwoord op boodskap #14273] Ma, 04 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

>
> Oeps!
>
> Ja. Ek is afhanklik van Telkom se SAIX as my nuusverspreider.
>
> Genoeg gesê.
>
> Ek het die berig toe sonder moeite in die argief opgespoor en die antwoord
> volg terstond.
>
> En nou sien ek met versugting uit na die bewyse van jou elf stellings met
> die een-en-twintig leuens....

My arme arme Leendert. Jy is in die
verkeerde eeu. Jy moes in die Middel-
eeue gelewe het toe hulle geargumenteer
het oor hoeveel engele daar is op die
kop van 'n speld. Ek stel voor jy
probeer Tibetaanse Buddhisme. Daar
staan die leerling-priesters mos so
en argumenteer as 'n sport, en as
hulle dink dis 'n goeie argument,
dan klap hulle hul hande om te wys
hoe goed hulle is. Ek is jammer ek
het nie "die elf stellinge en die
een-en-twintig leuens" met enige
mate van aandag gelees nie. Net
gedink: Aarde, hierdie man het meer
tyd as ek om op nonproduktiewe
vorme van kwetter tyd te bestee.
Ek dink jy moet vir analise gaan:
Hoekom voel jy so 'n kompulsie om
altyd te argumenteer. Hoekom skryf
jy nie soms vir ons hoe lyk jou
tuin of hoe lyk die Bosveld nie?

Gloudina
Re: Gloudina se leuens [boodskap #14400 is 'n antwoord op boodskap #14273] Do, 07 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >

>> En nou sien ek met versugting uit na die bewyse van jou elf stellings met
>> die een-en-twintig leuens....
>
>
> My arme arme Leendert. Jy is in die
> verkeerde eeu. Jy moes in die Middel-
> eeue gelewe het toe hulle geargumenteer
> het oor hoeveel engele daar is op die
> kop van 'n speld. Ek stel voor jy
> probeer Tibetaanse Buddhisme. Daar
> staan die leerling-priesters mos so
> en argumenteer as 'n sport, en as
> hulle dink dis 'n goeie argument,
> dan klap hulle hul hande om te wys
> hoe goed hulle is. Ek is jammer ek
> het nie "die elf stellinge en die
> een-en-twintig leuens" met enige
> mate van aandag gelees nie.

Dis snaaks, jy het hulle dan geskryf!

> Net
> gedink: Aarde, hierdie man het meer
> tyd as ek om op nonproduktiewe
> vorme van kwetter tyd te bestee.

Ek weet dat 'n groot deel van wat jy skryf neerkom op "nonproduktiewe vorm
van kwetter". Ons het juis onlangs gesien hoe jy moes terugkrabbel en
jouself repudieer oor so 'n uitlating.

En ek sal dit ontbloot vir wat dit is - ondeurdagte leuens wat jou
ideologiese vooroordele voed ten koste van wat waar is.

> Ek dink jy moet vir analise gaan:
> Hoekom voel jy so 'n kompulsie om
> altyd te argumenteer.

Ek sou eerder iemand vir analise verwys wat _nie_ wil argumenteer nie.
Argument in al sy vorme is, ten slotte, die enigste manier waarop ons
vooruitgaan.

My "kompulsie" ontstaan, in hierdie spesifieke situasie, uit die liederlike
leuens wat jy dag na dag hier versprei, en my argument is daarop gemik om
hulle aan die kaak te stel.

Verwag dus dat jou elf stellinge by jou gaan spook totdat jy elkeen van
hulle bewys het of toegegee het dat hulle geen grond het behalwe jou
verbeelding nie.

> Hoekom skryf
> jy nie soms vir ons hoe lyk jou
> tuin of hoe lyk die Bosveld nie?

Wat laat jou dink dat varke enige ervaring van sulke dinge het wat die
moeite werd is om te deel? Ek deel sullke ervaringe liewer met my medevarke,
dankie!

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: RE: Gloudina en Leenderd se modderstoei
Volgende onderwerp: Gloudina dissekteer "apartheid"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 14:00:57 MGT 2024