| ekstraheer [boodskap #142916] |
Do., 17 Augustus 2023 12:34 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ekstraheer
Afbreking: ek•stra•heer
Werkwoord: ekstraheer
Verlede tyd: het geëkstraheer
Verlede deelwoord: geëkstraheerde
Betekenis:
• Om uit te haal, gewoonlik deur 'n uit- of aftreksel te maak.
Gebruik:
• Die wortelstok van die gemmerplant word in suiker gekook om die gemmer te ekstraheer.
Sinoniem:
• aftrek
• onttrek
• uittrek
Afgelei:
• ekstraheerbaar
• ekstraheermiddel
Verwant
• ekstrahering
• ekstraksie
Vertaling:
Engels: to extract
Nederlands: extraheren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|