Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: www.afrikaans.com: positiewe aandag vir afrikaans
Re: www.afrikaans.com: positiewe aandag vir afrikaans [boodskap #14286] So, 03 Mei 1998 00:00
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Robert skryf:

> Ek het 'n paar uurtjies gelees en dis net 'n klein gedeelte van hierdie
> artikels!
>
> Met excuses voor mijn Nederlands:
>
> Een aantal positieve artikelen die ik las: over M-NET, dat commercieel is,
> maar toch een behoorlijke ruimte reserveert voor Afrikaans, zelfs meer dan
> in het verleden, en dat geld steekt in allerhande Afrikaanstalige
> activiteiten, dat Afrikaanstalige radio beter beluistert wordt dan een
> aantal jaren terug, dat die Burger meer dan twee keer zoveel koeranten
> verkoopt in de Oost-Kaap dan twee jaar geleden, dat er binnenkort een nieuw
> commercieel satelliet-tv kanaal komt dan zuiver in het Afrikaans uitzendt,

Robert,

Ek dink dit is nodig dat bg. vir jou in perspektief geplaas word. Ek doen
dit soos ek dit sien, ander mag van my verskil.

Alles wat jy bo noem kan terug gevoer word na 'n miskenning van Afrikaans
deur die staatsuitsaaier, SABC (voorheen ook bekend as SAUK). Baie
Afrikaanssprekendes val terug op media wat hul taal praat, dus Afrikaanse
radio (wat homself nie so mag noem nie, omdat enige verwysing na etnisiteit
deur die Uitsaaiowerheid verbied word), Afrikaanse koerante, ens. Wat MNet
betref, is 'n beduidende deel van die betaalkanaal se intekenaars
Afrikaanssprekend, en is hulle moreel verplig om na hulle om te sien. Hulle
besit ook die tegniese vermoeƫ om 2 klankkanale te dra, wat bv.
sportuitsendings in Afrikaans moontlik maak. SABC dra nie meer
sportuitsendings in Afrikaans nie.

Ek praat onder korreksie, maar sover my kennis strek is die beoogde
Afrikaanse satellietkanaal van die baan. Die een wat SABC beoog het, in elk
geval. In my opinie was hy in elk geval doodgebore - hoe kan jy van mense
wat jy direk beledig het, verwag om te betaal vir 'n nuwe produk wat jy wil
skep?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Vorige onderwerp: Soek jong friende in Springs-gebied.
Volgende onderwerp: WEEK 16/98
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 05:56:19 MGT 2024