Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » volksmoord
volksmoord [boodskap #142813] Sa., 05 Augustus 2023 08:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24241
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
volksmoord
Afbreking: volks•moord
Samestelling: volk + -s- + moord


Selfstandige naamwoord: volksmoord
Meervoud: volksmoorde

Betekenis:
• Die misdaad van stelselmatige en opsetlike uitroeiing van 'n etniese groep of 'n deel daarvan, hetsy fisiek, kultureel of linguisties.

Gebruik:
Genocide Watch het Suid-Afrika in Mei 2011 gelys as in 'n "vlak 5" van volksmoord.
• Die doelbewuste totstandbringing van toestande om 'n groep of 'n gedeelte daarvan uit te wis is ook volksmoord!

Sinoniem:
• bloedbad
• genoside
• massamoord
• menseslagting
• rassemoord
• volkslagting

Vertaling:
Engels: genocide
Nederlands: volkenmoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vermetelheid
Volgende onderwerp: uitleen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Jan. 02 04:57:05 UTC 2026