| skuldigbevinding [boodskap #142767] |
Ma., 31 Julie 2023 17:06 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24323 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skuldigbevinding
Afbreking: skul•dig•be•vin•ding
Samestelling: skuldig + bevinding
Selfstandige naamwoord: skuldigbevinding
Meervoud: skuldigbevindings
Betekenis:
• 'n Verklaring deur 'n hof dat iemand aan 'n oortreding skuldig is.
Gebruik:
• Die staat staan die appèlaansoek teen en voer aan dat die skuldigbevinding en vonnisoplegging onder die omstandighede gepas is.
Sinoniem:
• skuldigverklaring
• veroordeling
Antoniem:
• onskuldigbevinding
• vryspraak
Vertaling:
Engels: verdict of guilty, conviction, condemnation
Nederlands: schuldigverklaring, veroordeling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|