| rookwolk [boodskap #142752] |
So., 30 Julie 2023 09:48 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Rookwolk wat deur 'n veldbrand veroorsaak is.
rookwolk
Afbreking: rook•wolk
Samestelling: rook + wolk
Selfstandige naamwoord: rookwolk
Meervoud: rookwolke
Verkleinwoord: rookwolkie
Meervoud van verkleining: rookwolkies
Betekenis:
• 'n Wolk van rook.
Gebruik:
• Die berg het gebrand, die vuur was tot in die hemel, en daar was 'n rookwolk wat dit stikdonker gemaak het. [Deuteronomium 4:11]
Vertaling:
Engels: cloud of smoke
Nederlands: rookwolk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|