Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oorstroming
oorstroming [boodskap #142459] Do., 06 Julie 2023 19:36
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24309
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorstroming
Afbreking: oor•stro•ming
Samestelling: oorstroom + -ing


Selfstandige naamwoord: oorstroming
Meervoud: oorstrominge, oorstromings
Verkleinwoord: oorstrominkie
Meervoud van verkleining: oorstrominkies

Betekenis:
• Die handeling van oorstroom, as die watervlak die normale vloedlyne oorskry.

Gebruik:
• Tydens 'n oorstroming is daar orals water, maar dit gewoonlik besoedel en kan nie gedrink word nie.

Sinoniem:
• oorvloeiing
• verspoeling
• vloed
• vloeding
• watersnood
• watervloed

Afgelei:
• oorstromingsgevaar
• oorstromingskade

Vertaling:
Engels: flooding, inundation
Nederlands: overstroming

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wêreldtoer
Volgende onderwerp: aanrig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Jan. 16 18:44:08 UTC 2026